9 maande gelede
Xander kry ’n breakdown oor Lesedi se destydse aborsie
Bruin mans met ambisie  ~ 

NEVER MIND sy ander twee gesonde kids van twee verskillende ma-goed.

Nee, want Xander is gou besig om ’n nervous breakdown te kry oor ’n tussenkleurige babatjie wat Lesedi destyds laat afmaak het weens kulturele groepsdruk en ’n regskwalifikasie.

Punt van die saak is, sy en Xander was sleg met Lesedi se padda terwyl hulle moes aandag skenk in die klas.

Oe, hulle was vreeslik ongehoorsaam en gruwelik en ougat en spuls terwyl hulle moes leer. Dis oor niemand in die Laan ooit kerk bywoon nie. Dis amper asof Sondag nie bestaan nie. Dalk was Ou Krokodil reg. Dalk moes hulle maar die hele plek aan Haven oorlaat, want mense, daar is fout.

Xander is ’n ander een vir aandag soek. Ek mean, hy is op sy gemaklikste as hy ’n bietjie depressed kan wees oor dinge waaraan hy tog nou niks kan doen nie. En Charmaine en Vanessa en Bonnie entertain sy k*k. Aanbid die grond waarop die man met die vuil baard en baby fringe loop. Hoe kan hulle toelaat dat ’n volwasse man soos ’n tienermeisie tekere gaan sodra hy iets ontstellends uitvind?

Nou kan ’n mens nie eens apartheid blameer nie, want nie hy of Lesedi is wit nie. Dis vreeslik dat ons nou hierdie doellose storielyn moet ondersteun.

Skelm

Ja, oukei fine, Lesedi was verkeerd om haar mond te hou, maar wat wil Xander nou 20 jaar later aan die saak doen? Wat as die kind so stadig soos Vince was? Wat as die kind se hare so dik soos Vince s’n was? Wie se skuld was dit dan? Dalk was dit alles ’n moerse blessing in disguise dat Lesedi stilgebly het.

Emile gaan gemoer raak. Emile gaan nog dink hy’s sexy en skelm dan moer iemand hom kliphard oor die kop met ’n plank. Vir Connie moes hulle lankal hard gemoer het, want daardie vertraagde speel met ander mense se lewe.

Emile kan haar CCMA toe neem vir haar gedrag of die feit dat sy in werksure panty liners op haar gesig dra. Always Ultra hoort in jou broek en nie op jou gevreet nie. Sy moet geklap raak en klaar.

Het iemand nou al kom uit-figure wat die storie is met Diedie en Alexa? Wat wil Dieds nog een laaste keer doen? Wat is besig om te gebeur?

Ek hou nie van die klomp vrae nie. Dit pla my op ’n geestelike vlak, want ons verdien tog antwoorde.

Olivia lyk my kan heel skeel raak soos sy kwaad raak vir die gedoente en dis nie reg nie, want niemand praat met die arme skepsel nie.

Ons het mos geweet sy’s effe anders toe ons met die saak begin.

Diedie het daardie probleemvrou loop staan en trou tydens die mees forgettable seremonie op TV ooit en nou sit ons met die gebakte pere, want Diedie foeter nou rond met Alexa wat self nie aldag normaal voorkom nie.

Olivia jaag hulle rond soos ’n skeel tomb raider tussen die Deli en die Hillside-kliniek. Wanneer sal dit nou end kry?

My TV licence was laas jaar R371, maar dié jaar stuur ek vir die SABC screenshots van 7de Laan sodat hulle kan please explain voordat ek ’n blou sent uithaal.

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters