5 maande gelede
Willem probeer selfmoord pleeg sonder sy medewete
willem, 7de laan
Willem Spies in 7de Laan word deur Markus Haywood vertolk. Foto: Facebook  ~ Facebook

LIVVY is terug!

Ek praat nie sommer maklik k*k van ander mense nie, maar sy’t so baie concealer op haar eenvoudige gesiggie geplak, dit lyk asof sy nou permy helder oordag met ’n Samsung beauty filter rondloop.

Aan die ander kant is haar punte darem ’n bietjie geknip, want ek was emosioneel moeg vir haar split ends. Dit trek ’n mens se aandag van die storie af.

Jong, Niggie is behoorlik de moer in vir ou Dieds en hy’s so besonder HIV+ dat ’n mens sou sweer daar is net 10 dae oor vir die ou om te leef.

Weet dié mense jy kan nog erg lank leef met HIV as jy net behandeling daarvoor kry? Dis eerlik nie meer die doodsvonnis wat dit destyds was nie. Daai antie op die Clientèle Life-advertensie leef dan nog so lekker.

Diedie moet gaan tips vang by sy naaste daghospitaal, maar ek sal aanbeveel dat hy liefs die Hillside-kliniek toetentaal vermy.

Dáár sterf jy opslag of jy leef vir ewig. Daar is by daardie plek geen grys areas nie. Dis miracles of 6 voet 6.

“Let’s go 50/50” moet dalk hul slagspreuk wees. Hy het mak ’n beter kans op oorlewing by die Van­guard Gemeenskapsgesondheidsentrum. Hy moet daar net vra vir dr. Petersen.

Mariaan is nou eenkeer ’n regte misoes uit die hel uit. Satan sal terug staan vir daai vrou.

Hoe Hilda aan dít die lewe geskenk het, kan ek nie verstaan nie. ’n Mens sou sweer die regte kind is weggegooi en die nageboorte is Mariaan gedoop.

Arme Willem, wat steeds met ’n outydse Justin Bieber haircut rondloop, moet nou boet vir Ben se moord, maar ons almal weet tog dit was eintlik Mariaan...

En die kans bestaan altyd nog dat Ben eintlik tans aanhuisig is by Haven Part 2.

Ons moenie so vinnig oordeel en besluit dat mense dood is nie.

Neville het twee begrafnisse gehad en julle moet nooit van Langley vergeet nie.

“As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy sy pêrels...” Selfs hierdie bekende koortjie praat twee keer van weer kom.

Dis egter oor Ben en Mariaan weer wou kom dat ons nou in hierdie nuwe gemors sit. Ek moet tog ophou spot met die dooies.

Persoonlik hoop ek Ben rus saggies, want niemand verdien so herhaaldelik seerkry nie.

As jy dood is, is jy nou op ’n beter plek, ou Ben. Hillside is erg vervloek. Wees vry en rus saggies.

Vrydag probeer Willem selfmoord pleeg sonder sy medewete en met die hulp van sy tannie Mariaan. Daai vrou hou hom rêrig net aan as haar persoonlike pop in ’n siek weer­gawe van ’n pot Klawerjas.

Die arme skepsel word net misbruik as sy in die knyp is.

Ons skinner weer volgende week! Dankie vir ál die mooi wense en support! Ek is heelwat beter en elke dag is ’n gawe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters