20 dae gelede
Willem kort eintlik nou net ’n elektriese rolstoel
 ~ 

SIEN julle wat het geld aan Willem gedoen?Geld en ’n jollery is ’n resep vir huil in die hospitaal.

Julle moet tog nie jol nie. Kyk net wat het jol aan Mariaan gedoen. Daar is nie ’n conditioner of hot oil treatment op aarde wat weer lewe aan haar hare kan gee nie en sy het ’n pophuis vol geld.

Haar droë mangopit-hare lyk raak geleef, nes haar lyfie. Kyk mooi en julle sal sien sy’s soos ’n stokkielekker gebou.

Sy herinner my eintlik sterk aan daai blonde pop-meisie by die winkelsentrums met die hond en die spaarbussie waar ’n mens geld kon ingooi vir die gestremde mense.

Die goeie nuus is natuurlik dat Amanda met die dik stem weer heeltemal terug by ons is. Die tronk was nooit ’n plek vir haar nie.

Reg genoeg, almal is veiliger as sy agter tralies sit, maar sy kan massas meer k*k in Hillside se strate aanvang. Ek erken ek is ontevrede met haar swaarkry-haarstyl, want dit werk op my nerves, maar ek is bly sy is terug. Ons het ’n bietjie opwinding nodig.

Hoekom is Rickus nou weer aan die woord? Willem het Ammie mos vir ’n gat gevat. Nie vir hom nie.

Dié man is soos ’n nar. Dye sy hare en change sy van. Vir wat?

Hy soek aandag. Ek kan aan niks anders as dit dink nie. Nou spring hy weer in die pilleboksie rond soos een wat ’n sukkelbestaan voer.

As jy sentloos en armoedig in die stof staan met geen doel in die lewe nie, sal ek verstaan dat jy pille wil vat en hartseer lyk, maar Rickus is gespoil en soek regtig net aandag.

Niemand het hom niks gemaak nie. Hy’s soos ’n struggle activist sonder apartheid. Weet nie meer waaroor om kwaad te wees nie, so, nou dink hy sommer k*k uit om oor aan te gaan.

Jy’s groot, dingetjie. Hou nou op soos ’n kind tekere gaan. Jy bly k*k aanjaag, maar dan wil jy die grootste skrik as die goed in jou gesig ontplof.

Kry ’n lewe en loop sny jou hare. Jy lyk belaglik.

Ek kry sommer nou weer so stil lag vir Willem wat daar lê terwyl sy vrou met die stripper-mini die hele Stellenbosch plat paradeer.

Julle kry hom dalk jammer, maar ek onthou hoe hy met Tinkerslet daai vieslike seksdade gepleeg het. In die leefstylsentrum, van alle plekke. Daardie sentrum is bedoel vir ’n beter lewe, maar kyk hoe lyk Willem se lewe nou. Hulle kan hom gerus in ’n rolstoel sit met ’n electric motortjie dan kan hy net so elke nou en dan op die skerm verby jaag. Dit sal nogal snaaks wees.

Ek weet nie lekker wat die storie met Matrone en die nurse-speel besigheid is nie. En om eerlik te wees, gee ek glad nie op nie. Want dis weer een van daardie onnodige agterlangs-storielyne wat net besig is om te gebeur sodat ons kan onthou dat Matrone nog nie uit 7de Laan geskryf is nie. Kon hulle aan niks beter dink nie?

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters