2 maande gelede
Willem gee Emile net aanleiding en maak hom deurmekaar
 ~ 

WOENSDAG maak Matrone vrede daarmee dat Hugo niks in haar belangstel nie.

Dis seker moeilik vir haar, maar ek wens haar baie sterkte toe.

Mariaan is amper elke dag in die hof en 7de Laan voel elke dag meer en meer soos Law & Order: Special Victims Unit.

Ben se ma lyk niks soos die ma van ’n straatkind nie, maar wie is ek of jy nou om haar te oordeel?

Sy gooi vir Mariaan met rooi paint en die hele hof gil, maar niemand hardloop nader nie. Almal is te geskok om enigiets te doen. Die regstelsel is stukkend, julle.

Die hofbeampte sê so lekker: “Staan in die hof!” En sy klink so oortuigend, ek sweer Rickus het amper opgestaan.

Olivia is verslaaf aan haar selfoon en social media soos die res van julle. Olivia slaap in Beleef, en al weet ek nie hoekom nie, wens ek haar sterkte toe. Sy het ’n harde pad om te loop. Verslawing is een ding, maar as jy dom én verslaaf is, moet dit soveel moei­liker wees. Ek kan my net indink.

Hoekom is almal nou skielik so behep met Willem se homophobia?

Hilda se poshgeid verbaas my steeds dag ná dag. Sy lyk asof sy haar lewe lank al skatryk is

Alexa luister na Diederik se probleme met Olivia. Sy diagnoseer haar met internet addiction disorder. Alexa is regtig ’n aanwins vir die mediese veld. Sy was mos verslaaf aan haar vinger in haar keelgat afdruk, so Alexa weet waarvan sy praat!

Onskuld

Oom Hugo sit en skinder nog so lekker oor Mariaan toe Hilda hom betrap en stink k*k vertel.

Emile se voicenote krap die hele hofsaak om. Niemand twyfel nou meer oor Mariaan se onskuld nie.

Alexa verloor haar hele kop en sy en Rickus verskree mekaar soos besetenes. Sy sit op die couch en staar met dooie oë op soek na verlossing. Sy probeer Hilda blameer, maar Fikani skree dat sy haar bek hou en die trap op hardloop.

In die goeie ou dae sou swart mense dit nie gewaag het om so in wit mense se huise te skree nie.

Willem wou Emile die ander dag bedood, maar Vrydag gee hy Emile ’n drukkie en sommer ’n soentjie ook. Julle dink dalk dis cute, maar arme Emile se moffiehartjie is nou bitter deurmekaar.

Hy’s smoorverlief op Willem en Willem gee hom nou net aanleiding. Dis onsensitief.

Lesedi se nuwe pruik lyk al heelweek bekend, maar ek was nooit seker nie. Ek kan die waarheid nie langer ignore nie. Sy lyk soos Ridge Forrester met ’n baie donker Samsung beauty filter.

Ek wou dit vlugtig noem voordat ek vergeet.

Emile en Willem deel Vrydag so ’n emosionele oomblik dat ek dog hulle gaan vry.

Dit sou die hoogtepunt van my hele lewe gewees het, maar Willem baklei teen sy gevoelens vir Emile en Emile loop sonder ’n bietjie bekvreet. Ek wil nooit so ’n Vrydag hê nie.

Die soundbite wat Emile vir die hof gegee het, is die volgende dag uitgegooi oor hy dit ge-edit het. Hy’s bitter stupid. Shame! Ek dink hier kom ’n traumatiese wending. Ons moet seker maar wag en kyk.

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters