2 maande gelede
Willem dodge die dood en sy paar breinselle vat ’n knock
 ~ 

HIERDIE week try Willempie mos selfmoord pleeg, maar net soos sy lewe, is dit ook ’n moerse flop.

Hy kan hom nie eens vrek val van ’n gebou af nie.

G’n wonder Ammie verkoop liewer haar slymsloot in Stellenbosch se strate as om by daai excuse van ’n man te bly nie.

Die hoogtepunt van my week was toe Mariaan met haar candyfloss-hare vir blonde poppie insê oor sy ook maar net lekker gemaak wil wees.

Daai arme kind is so geskok, haar klein mondjie trek op ’n plooi soos ’n hardlywige muis se poepholletjie.

Mariaan van alle mense behoort te weet – lus is niemand se speelmaat nie!

André soek oral na sy laptop charger, kaantie het Aggie se poephol dit ingesluk sonder dat daai goose eers agterkom sy sit op ’n driepunt-plug.

Daai’s wat Mince se famous lasagne aan ’n vrou se stêre doen, ouens!

Andrétjie huil amper oor Connie en Aggie se elektrisiteitsrekening, maar dan draai hy om en wil ’n plot koop om vir sy houvrou ’n huis van haar vervelige donnerse drome te bou.

Ek verstaan dit nie!

En Matrone sit soos ’n wafferse lemon meringue op ’n klein stoeltjie en ruk daai kliniek van ’n kant af reg.

Ek sou ook pasiënte wegskuif sodat daai twee College SA-dokters hulle nooit weer in die hande kan kry nie.

Daai twee sal die pasiënte mos na selfmoord dryf met hulle online grade!

My blyste oomblik was toe ek agterkom klein Karmen met haar size 7-voetjies kan ’n volle sin praat!

Jirre, ek het gehuil van blydskap, want ek het nie veel hoop vir daai kindjie gehad nie.

En toe klap ’n skoot in Willem se flat.

Ek was so opgewonde, ek maak nogal vir my ’n moerse bak popcorn vir die volgende dag se episode sodat ek sout trane in my popcorn in kan ween oor Willempie se heengaan.

Maar sowaar, daar lewe Willem nog en sy hare is wragtag selfs ’n ent vetteriger.

Sommer my aptyt net daar verloor.

Nou stalk ’n clown vir Willempie...

’n Donnerse clown van alle dinge.

En hy gaan vir seker nou Willem-goete se bankrekening heeltemal leegmaak met daai fight club-gemors.

En Willem se drie breinselle het erg skade gevang met daardie val van die dak af, so hy betaal maar.

Wens ek het eerder daaraan gedink om breinskade-Willempie te scam!

Nou ja, Sonlanders, ons kyk maar weer volgende week wat gebeur en dan skinder ons verder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters