2 maande gelede
Vince se ramp van ’n pa is, om als te kroon, ’n rassis
 ~ 

VRYDAG weier Aggie Vince se liefde sodat hy uit die skuld kan klouter met sy sleg pa se erfgeld.

Hy erf glo net as hy nie met Aggie trou nie, want sy pa is boonop ’n rassis. Bruin rassiste is vir my ’n vreemde maaksel. Hulle sal dit nooit erken nie, maar lig van kleur bruin mense dink tot vandag toe hulle is beter as die donker soort.

Dis ’n Bybelse soort verwarring en julle gaan nie hemel toe nie. Sing maar kliphard daar in die kerk. Sterkte! Solank daai Bybel gebruik word om ander te veroordeel, sal ek vir julle ’n plekkie hou langs die moffies in die hel.

Willem is moeg gespeel met Tinktinkie en hy fire vir Straathoek Barbie op die spot. Sy try nog blackmail, maar hy herinner haar vinnig hoe mal hy en sy familie is.

Sy moet maar sy woord daarvoor vat, want hy en die Welmans se reputasie lê die hele wêreld vol.

Xander dra te veel base en concealer en loop lees weer die nuwe testament. Hy onthou skielik sy eerste jaar op UWC en besef die testament se rassistiese klousule is teen die Grondwet. Nes daai dag toe hulle gesigsuitdrukkings en persoonlikheid uitgedeel het, was hy te laat om die kosbare nuus aan Vince oor te dra – en Aggie hoor nooit die waarheid nie, want sy’s soos weerlig in Justin se arms.

Aggie tel vinniger bruin mans op as blonde Springbok-fans en almal weet hoe blitsig daai girls is as hulle groen-en-goud sien. Hulle sal enige iets doen om op hul troudag in Huisgenoot te pronk.

Charmaine en Jacob rig nou vir Karmen af om die volgende Mej. Suid-Afrika te wees nadat die stomme weggooi-skepsel ’n sash in ’n winkelsentrum gewen het.

Hulle is dalk effens te optimisties, as ek nou iets wil sê sonder om die kind se hare uit te maak.

Maar Monique, man. Ek erken, die hoodie het gehelp, maar dis nie ’n permanente oplossing nie. Dis soos Vaseline aan ’n diep meswond smeer. Daar moet dieper gekyk word. Daar makeer chemicals en elektriek en tegniek en water en goed. Daar is fout hier.

’n Hoodie gaan nie bruin mense se selfrespek herstel nie.

Ek soek ’n skrifte­like verskoning.

Iemand moet iets op pampier sit en ’n moffie met ’n sertifikaat wat bevoegdheid stipuleer met ’n haardroër Johannesburg toe stuur.

Iemand moet verantwoordelikheid neem vir die feit dat Monique se pa geld het en twee van sy kinders se hare lyk asof hulle net swaarkry en ellende gewoond is.

Justin spring ook net dié ronde vry oor sy hare by sy gesig pas.

Ons is vooraf gewaarsku hy’s van Worcester, so ’n mens het die prentjie half verwag.

Met hom is ons at least die geweldige skok gespaar. Ons verwagtinge was nie vreeslik hoog nie, so dit was minder seer.

Hulle het ons egter nie gewaarsku met Vince en Monique nie. Hulle is op ons forseer.

Is Langley nou regtig dood? Monique het Dad glo vergiftig, maar my geloof in sterftes is totaal daarmee heen.

Ek wil sien hoe hulle die lyk in die graf laat sak voordat ek weer ’n sterfte in die Laan ernstig opneem.

Toe piemp Tinkerslet tog maar vir Willem, daai STD op bene. En Amorey lyk asof sy eerder weer in ’n container op pad China toe wil wees.

Ons moet wag tot Maandag vir haar reaksie, maar dis darem beter as om te wag vir die volgende episode van Marko en die stripper se belaglike verhouding wat in ’n dronk verlowing ontkiem het. Dis swak aanmekaar geplak om tyd tussen advertensies op te maak.

Ons skinder weer volgende keer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters