2 maande gelede
Vanessa speel matchmaker vir haar eksman en Lesedi
 ~ 

DONDERDAG kyk ek die diep ongemaklike toneel met Vanessa en Xander, en ek gooi toe bietjie vir bietjie in my mond op.

Xander oorreed die emosioneel mishandelde Vanessa om hom en Lesedi in dieselfde vertrek te kry – en sy is baie meer as gewillig om die spektakel ’n kans te gee.

Ek ken nie ’n regdenkende bruin vrou wat haar eksman so sal help om ’n ander dame se slymkonyn te streel nie. Hulle gedrag is teenstrydig met die Ou én die Nuwe Testament.

Aggie verwag nou Vernon met die slap polsies en stywe Bart Simpson-afro moet haar help soek na haar verloofring.

Die arme pap kindjie kan skaars goeie smaak vind terwyl hy in ’n fashion boutique werk en sy verwag hy moet help soek?

Jy moet self soek, Sanna! Die arme moffie-klong het reeds te veel hooi op sy poedingvurkie. Hy woon al amper op straat weens swak verblyfbeplanning asook armoede. Nou plaas jy met jou groot persoonlikheid nog ekstra druk op hom.

Marko en Esti se lawyer/krimineel-roetine in die selle het my emosioneel en kwesbaar gelaat.

Dit was nie sexy of snaaks nie. Dit was net ongemaklik om te kyk en ek wou met alle geweld hê die episode moet end kry.

Toe kom André die Arend en Mariaan die Gebroke Ma se toneel en ek wou net hê die pyn moet stop, want die akteurs het gesukkel met daai een.

André is so geloofwaardig soos smeerkaas en Mariaan se karakter sukkel om by te hou, want André try te hard en niks omtrent die hele toneel pas bymekaar nie.

Wat op dees aarde is aan die gebeur daar by die studio’s waar hulle hierdie treurige besigheid skiet? Ek weet ek praat nie gewoonlik oor dit nie, maar selfs ék raak nou effe bekommerd.

Terug by die storie. Vanessa try Xander met die drie vroue defend by Char­maine. In die regte lewe sou enige normalebruin vrou se ma haar net daar op die spot k*k vertel het, want so maak ’n bruin vrou nie haarself ’n goedkoop verloorder nie.

Vanessa is heeltemal te accepting oor dié onheiligheid.

Hoekom vertel niemand ooit vir Vince enige iets nie? Die man het niks vertroue oor in die mensdom nie. Almal loop alewig wye sirkels om hom en niemand vertel hom eers wat die volgende dag se weer gaan wees nie. Die man ly aan erge trauma weens wantroue in alles en almal.

Ek sou weer probeer spring as ek jy was, dingetjie. Hulle lieg nou regtig vir jou oor alles en almal.

Suna, wat oorleef het met die boom deur haar maag nadat die vliegtuig geval het, is glo Francois, of eerder Ou Krokodil, se stiefdogter.

Wie het dié bol k*k uitgedink?

Chris moet ook werk aan sy acting, want as hy try huil, lyk dit of hy erge maagwerkings het. Jy’s ’n gesoute akteur. Ruk jou reg! Ek skaam my dood.

Ons skinder volgende week weer lekker verder!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters