16 dae gelede
Vanessa se oneerlike hare van destyds lei tot oneerlike Karmen
Ingrid Paulus as Vanessa in 7de Laan.  ~ 

VRYDAG is Bonita en prinses Karmen weer besties, maar Karmen se k*k loop koud toe Moya se pa Vanessa bel en vra om haar en Karmen te sien voor skool.

Ek het nie elke dag laas week gekyk nie, maar hierdie meeting kan net oor die tablet wees. Dit blyk Karmen het dalk kort ponytails, maar met die lengte van haar vingers is daar niks verkeerd nie. Die klein pes is nou betrokke by die steel van multimedia-toerusting. Toe Vanessa die ding sien en weet dit behoort aan niemand in hulle penthouse nie, moes sy reguit skool toe gegaan het. Nou loop vra Vanessa vir almal wat fout met Karmen is en hoekom Karmen steel.

Steel is ’n vorm van oneerlikheid, Vanessa. Destyds toe sy kleiner was, het jy mos oneerlike hare gedra. Ander mense se ponies en ander mense se kuiwe en ander mense se vlegsels. Sy’t jou dopgehou, Vanessa, en sy het net jou maniere. Sy’t geweet dis nie haar tablet nie, maar haar ma se fringe was ook nie haar ma se fringe nie. So, wat verwag jy moes die kind doen? Sy steel dan ook die geld uit jou sak omdat sy wil geld jag soos jy en jou man. Julle is dag en nag by die werk besig om kriminele te verdedig of gruwelike k*k funksies te reël.

Hoe jy enigsins geld maak, verstaan ek ook nie, want julle doen vir elke klant presies dieselfde ding. Julle launches lyk soos kitchen teas en julle fashion shows lyk soos skoolkonserte.

Oorlog

Van fashion gepraat, hoekom lyk Khethiwe se skirt soos ’n halternek-rok wat onder haar pramme met pennetjies agter aan haar bra vasgemaak is? Mag ’n mens se skirt so hoog sit? Is dit gesond? Wat as sy ’n blaasinfeksie kry? Wat dan? Wie gaan dan elke dag die donkerste foundation in Joburg dra? Kom ons noem sommer ’n ding op sy naam. Khethiwe is nie lig van kleur nie. Niks fout daarmee nie, want donkerblou is ook mooi, maar hoekom probeer sy vir Shaka Zulu channel?

Die oorlog is mos nou verby en die ANC het gewen, maar dis elke dag steeds Khethiwe wat lyk of sy betoog het in ’n steenkoolmyn. Met daai skirt wat so onder haar blaaie sit, kan sy seker ook nie ’n belt dra nie, want dan lyk sy soos my hond met sy lyfharnas.

Vir André en Connie wil ek ’n kringgebed reël by His People in Goodwood, want net ’n warehouse vol wit mense wat probeer Hillsongs sing, kan nog vir daai twee iets beteken. By Fightclub kon hy links en regs sommer net mense doodslaan, maar vir Matt kan hy nou nie eens klap nie.

Hoekom is Brummer se naam Brummer? Wat se soort lewe gee jy jou kind met ’n naam soos Brummer? En hoekom noem André hom Gerben? Nie Brummer óf Gerben klink vir my na ’n Christen-besigheid nie. Sy familie was seker deel van ’n kultus soos Haven of so iets.

Van Satan gepraat, wat soek Gabby se slymkonyn in Kevin se breyani?

En net vir interessantheid, is Gabby wit of mis? Ek weet dit maak nie saak nie, volgens Simunye, maar ek weet baie van julle lê snags wakker daaroor. Ek vra maar net hardop, dis al verskil.

Ons skinder volgende week weer!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters