7 maande gelede
Vanessa en Justin gaan binnekort die matras laat raas
Foto: www.sewendelaan.co.za  ~ 

DONDERDAG is Diederik desperaat vir ’n bietjie dwelms. Dit gaan niks goed met hom nie, sjym.

Hy steel ’n geldjie uit Alexa se beursie in haar outydse handsak. Sy confront hom en hy stry haar af, al weet sy dit kon net hy wees.

Alexa is maklik die wêreld se domste dokter. So ’n teleurstelling. Ek het amper my TV afgesit.

Esti huil nou Bybelse watervalle oor sy anderdag sonder haar panty voor die vuil ooms gedans het.

Nou dra sy dié lelike denimbaadjie en hou Thomas se handjie nog stywer vas. Toe neem Nonna die stomme kind saam met haar na die strip club toe. Daar waar ál die probleme begin het. Bright move. Dalk begin hy ook strip.

Amorey kom soek werk by Marko, maar hy kap haar ’n ignore. Ek sou die vrou met die hoerrooi blazer met die shoulder pads ook wegjaag. Dis dié soort rooi wat kinders, honde en ou mense vir járre kan seermaak. Ek was geskok deur haar gedrag. Om so ’n vreeslike aggressiewe kleur op ’n Donderdag te dra, is soortgelyk aan afpersing.

Justin en Vanessa gaan jol. Gee my ’n blok en ek sit my kop daarop. Ons leef in ’n tyd van ongekende sonde en seerkry. Justin is emosioneel en Vanessa bied die man die duiwel se drinkgoed aan.

Sy loop so regop soos Maria duskant die kruis, maar sy verlei bruin manne met drank.

Sy weet bruin manne en drank is nie vriende nie. Kyk hoe neem sy wraak op haar eie vir ’n lekseltjie vleeslike plesier!

Het julle Vinnie se lekker linkerbeentjies in sy kortbroekie gesien? Ek dink eintlik hy’s kostelik.

Mariaan is Vrydag so moerse excited en emosioneel oor die paintings waarmee sy besig is. Sy wil Mandela nou vereer met paintings.

Ek twyfel of sy ANC ge-vote het. Sy flous my nie vir ’n oomblik nie.

Toe try sy nog by Vince om Esti af te dank oor sy die verkeerde soort aandag op Beleef plaas.

Kyk om jou rond, Mariaan. Daar is nooit meer as drie mense in jou ghrênd koffiewinkel nie.

Enige soort aandag is goeie aandag as daar niemand om jou tafels sit nie. Jy is net jaloers op Esti se lyf oor jy meeste dae soos ’n stopstraat­teken lyk wat met strooi besprinkel is.

Vince is bitter gelukkig oor hy nou weer Aggie se boude kan koester. Ek het myself maar gedistansieer van dié twee se verwronge liefde. Ek gun hulle ál die geluk in die wêreld, want ek wil tog nou nie die een wees wat tussen hierdie twee se ongesonde obsessie met mekaar staan nie.

Diederik probeer vir Xander lieg, maar Xander het nie sy UWK-pampiere gekoop nie. Hy kan sien Diedie steek iets weg.

Diedie, jy sal nou maar moet skoon kom oor jou dwelmprobleem. Xander sal verstaan.

Hy het ’n nat curly. Hy ken van swaarkry. Moenie skaam wees nie.

Ek sou dit onder normale omstandighede laat verbygaan, maar Nozi het dan nou blou hare, julle. Dis mos nie hoekom ons saam gestaan het teen apartheid nie. Nie sodat hierdie kind, wat ordentlik grootgemaak is, soos ’n nar uit die Boswell Wilkie-sirkus kan lyk nie.

Ons skinner volgende week weer lekker saam.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters