5 maande gelede
Vaness lees duidelik ‘50 Shades van Lekkerkry’
 ~ 

DONDERDAG en Vrydag is Vanessa weer vreeslik los met haar padda en hou sy haarself vuurwarm in ’n Pep nighty.

Sy laat Justin sommer herhaaldelik met haar slymkonyn lekker maak. Ek het nie geweet Vanessa en Xander se skeisaak is al gefinaliseer nie, maar duidelik druk Justin ’n klomp tries tussen haar pale, so die saak is seker nog reg.

Justin is soos die liedjie lui “dripping in Vaness” en sy lees duidelik ’n boek met die titel 50 Shades of Lekkerkry. Baie slim is Justin nie, maar hy ken duidelik van spyker as ek na sy lewe kyk.

Nozi en Kopano koop nou Amorey se wraps vir breakfast die volgende dag amper soos mense wat nie in ’n koffiewinkel werk nie.

Rickus is terug by die huis nadat sy eiertjies verwyder is. Dié het mos testikulêre kanker en sy balletjies is opslag verwyder.

Ek is nie seker of net een of albei verwyder is nie, maar mag dit met hom vreeslik goed gaan.

Met Willem het ek egter minder geduld. Hy wil wragtig by Marko weet wat die oorsaak is dat Diederik dwelms gebruik het. En dít nadat Marko hom vertel het dat hy depressief was oor die groot terugslag.

Hy wat Willem is, het met Diedie se aanstaande gejol wat gemaak het dat Diedie by die seremonie uitstorm het. En Willem vra wragtag vir Marko wat die rede was vir Diedie se emosionele toestand! Willem is nou eerlik net nie vreeslik slim nie.

Ek sukkel steeds om Olivia se naam te onthou, maar dis gelukkig nie meer vir lank nodig nie, want sy het Rickus afgesê en ons almal weet tog sy is net steeds in die storie sodat Rickus met iemand kan slaap.

Ek sweer sy staan by tye net die screen vol sodat dit kan lyk of Johannesburg regtig besig is.

Justin is vreeslik melodramaties oor Diedie se kans van oorlewing binne die rehab. Diedie is mos Donderdag rehab toe oor hy twee maande lank ’n bietjie dwelmpies gebruik het. Ek voel almal het oorreageer.

Diedie was niks verslaaf nie. Hy was net lonely en emosioneel.

’n Bietjie suikerwater en ’n Bybel kon die probleem opgelos het.

Xander het nuwe liefde gevind in Lesedi se wynglase en hulle twee gaan binnekort trou of ten minste ’n paar grenskleurige pienkvoete die lewe inbring sodat Karmen en Daniel effe donkerder boeties en sussies kan hê.

Het julle gesien hoe word Rickus se balletjies sommer by die Hillside­-kliniek verwyder? Ek sê vir julle hulle kan enige ding daar doen. Of hulle spiritiual ­healing­ aanbied, weet ek nie, maar ek is amper seker daardie plek doen miracles ook.

Soos hulle enige mediese prosedure daar kan doen, is ek byna seker Sandra Stutterheim is steeds in daai plek se basement versteek.

Met ’n wenspan soos Alexa en deesdae Fikani kan hulle mos sommer die gout in my enkels wegtoor wat nou al sedert Easter maak dat ek amper nie kan loop nie.

Wag, julle, ons skinder weer volgende week verder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters