3 maande gelede
Tjattas se kaarte aan Gabby laat haar nuwe drome droom
 ~ 

TOE Alexa Donderdag so tussen Mariaan se bene sit terwyl Mariaan haar hare borsel, toe weet ek sommer hier kom my opening joke.

Mariaan sê toe vir Alexa sy’t seker haar pa se gene, want sy het die mooiste hare. At least is Mariaan nou vreeslik eerlik, want niemand het gedink Alexa het háár hare gekry nie.

Kom ons wees gou-gou eerlik: Mariaan se draad herinner my enige dag aan daai hare wat agterbly op ’n mangopit nadat jy dit skoon gesuig het.

Alexa kan haar pa maar vergewe vir die omstamp as sy in ag neem sy’t amper saam met haar ma op Fruit & Veg se rakkie gesit. Dis net genade.

Julle, ek wil nie lelik wees nie, maar ek kon nie anders as om ’n soort vaalte oor Vanessa op te let nie. Maak hulle nog daai VO5 Hot Oil Treatment? Sal iemand asseblief namens Kaapstad ’n gros van die goed opstuur Joburg toe?

Ek besef Bruynwaves is tans onder geweldige druk, maar ons vriendin lyk asof sy besonders swaar trek aan Augustusmaand. Sy verdien ons almal se ondersteuning in dié moeilike tyd. Ons gee mos almal om vir ons Vanessa.

Terwyl ons vriendin so afgerem lyk, wil dit voorkom asof Diedie, Marko en Lesedi se pruik almal Brazil toe was. Hoekom het niemand vir Vanessa geken in daai saak nie?

Diedie kyk net skielik links, dan wip sy kuif. Marko se kort bob hop soos hy loop en channel Marko Forrester vibes, terwyl Lesedi se nuwe pruik die hoofrol in ’n Bollywood movie vertolk. Dít als terwyl Vanessa lyk asof haar hair food op is. Dis mos unfair.

Die nuwe meisie van die boetiek lyk elke dag asof sy te hard probeer. Dis net ’n kwessie van tyd voordat haar fluffy pienk luiperd jersey ’n kind gaan byt.

Tjattas is so terug soos Noot vir Noot. Hy chise vir Gabby wat handeviervoet val vir die joke. Hy skiet die bitter eenvoudige meisiekind met ’n klomp informele-nedersetting-kaarte en hulle twee lek omtrent mekaar se bekke sommer so in die arcade.

Tjattas kan nie so maak met die dogter nie. Sy’t nou drome van ’n mev. Doktor-bestaan. Sy’s so verlief, sy wil sommer ’n pediater word. Net laas week het Gabby nie ’n enkele droom of ambisie gehad nie, maar Vrydag soek sy ’n mediese graad in Tjattas se keelgat. Love Wins!

Dit wil voorkom asof Fikani ’n voorkind het by ’n Zoeloe-dame. Sy baby momma suig hom selfs vir airtime-geldjies. Hy stuur pap en crèchegeld. Maar die ma van sy kind lyk my koop data met die sente.

Alexa gaan tien teen een opgemaak wees met mamma speel. So, ek weet nie waarom hy die broeisel geheim hou nie. Loop haal jou nageslag in Zoeloeland! Bring hom stad toe. Mariaan sal mal wees oor kous vleg. Vertrou my. En kan ons hom baie mooi asseblief Prins Shaka noem?

Ons sien uit na Fikani se positiewe terugvoer. Tot volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters