2 maande gelede
Ten spyte van alles voeg Vanessa nóg een by haar kroos
Ingrid Paulus as Vanessa in 7de Laan.  ~ 

MAANDAG lyk Nathan heel gespanne toe hy Bonita se roesbruin hare streel.

Die kleur pla hom seker net soveel soos dit vir my pla. Ek weet hierdie nuwe kleure is die in-ding, maar dié skakering van rooi en bruin lyk asof dit seergekry het tydens ’n haat-aanval. Hy’t haar kop gevryf ná die drama met Koppe en die menseslagters.

Hulle het hom vasgebind, toe skop hy so liggies die lessenaar soos een wat wil kyk of daar ’n muis in die laai skuil. ’n Mens sou dink as jy wil geraas maak sodat iemand jou kan kom red, sal jy die lessenaar met ietwat meer inspanning trap, maar nie Nathan nie.

Nathan lyk asof hy net sagkens die naaste kakkerlak se aandag wil trek, maar hy is ook bang hy maak die kakkerlak se uitgebreide familie wakker. Ek is dringend op soek na hulp, maar ek was nie seker of hier kinders in die huis is wat slaap nie. Dis hoe ek sy gedrag geïnterpreteer het.

Toe Xander eers reg betrokke raak en sy laptop gryp vir die invoice van die tattoo parlour, toe weet ek sommer hier kom ons se WP.

“Waar is my laptop?!” Toe weet ek, nee kyk, nou gaan dinge begin gebeur. Die spanning was vir my net hopeloos te veel vir die oomblik. Amper soos “Gaan haal my gun of bel die polisie,” maar dit was net jou laptop, Xander. Jy lewe jou te in die oomblik in, hartjie. Dit was regtig net ’n computer.

Kindjie

Fikani en Marko het varkgriep of iets, maar altwee werk op my nerves. Marko is te siek en Fikani lyk net siek ná elke tweede sin.

Hy kan net een ding op ’n slag doen. Óf praat, óf siek wees, nie altwee gelyk nie. Dis te veel gevra.

Toe Koppe en die res gevang is, bring die polisie vir Vanessa daai blanke swart kindjie. Vanessa kan nie eens na haarself kyk nie, maar Johannesburg se mense bring vir haar nóg kinders.

Vanessa verloor kinders en steel kinders en sy kam nie haar hare nie, maar vir Nessa bring hulle nog kinders.

Social Ser­vices in Gauteng is duidelik nie goed ingelig nie. Daar’s groot fout daar.

Willem deel vir Olivia life advice uit. Willem was net verlede week in die malhuis opgeneem en weer vrygelaat, maar hy voel in staat om advice uit te deel. Hoe?

Livvy, jou lewe lê aan skerwe. Los die raad wat Willem jou nou gee. Jy sal nie nóg seerkry kan hanteer nie. Jy lyk klaar soos ’n ongevalle-situasie soos dit is met Diedie wat jou nou weer wil skei.

Jy’s soos daai hond wat jou skool toe wil volg. Jy gooi die hond met klippe en gil op die dingetjie om huis toe te gaan, maar hierdie hond dink jy wil jag-jag speel. Dis hoe Livvy tans voorkom.

Nathan en Bonita mag nie foundation deel nie. Daardie twee is nie dieselfde soort bruin nie. Dis te lig vir jou, Nathan, en jy moet blend hier onder jou kake en in jou nek. Jy lyk soos ’n strooimeisie wat laaste klaar gemaak is voor die troue.

Vir Mariaan vergiftig Ruth mos Vrydag met ’n plant of ding en Hilda help haar hospitaal toe. Soos ’n brandsiek kat leef daai vrou steeds, maar ons sal dié week moet kyk of Ruth weer ’n kans kry. Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters