2 maande gelede
So ’n occasional kopklap het niemand al ooit leed aangedoen nie
 ~ 

DIÉ week was Lesedi heeltemal onkant gevang toe Aggie soos wafferse Baasspeurder Faber by haar flat opdaag en ál Kevin se jintoe-clues voor haar niggie uitlê.

Aangesien sy plastic kraletjies-jewellery kan maak en destyds tee gemaak het vir joernaliste en fotograwe sonder kwalifikasies, is sy mos die mees gepaste kandidaat vir die hoofrol van private eye in Cheaters: Johannesburg.

Sy’s heeltyd so jammer oor die gissings wat sy soos ’n kampioen rondslinger sonder enige bewyse, maar haar bek hou sy ook nie tussen haar verskonings nie.

Lesedi lyk toe erg afgehaal soos een wat gedink het die man is ’n maagd. Dis egter nie waar nie, want Kevin het opgedaag in hierdie straatjie met spierwit skoentjies.

Jy’t geweet wat jy koop, Lesedi. Sulke mense wat met receipts in die hand staan en steeds nie kan glo hulle het till toe gestap nie, werk mos op my laaste nerwe.

Nou staan sy daar voor Aggie en lyk kompleet soos Harry Potter se gebrande niggie, want die pruik en gesig match nie. Ons moet haar nou jammer kry. Nee, k*k, man!

Sy’s ’n grootmens met gelerentheid wat net foute maak vir ’n lewe.

Sy’t haarself oortuig sy kan die jintoe-Bollywood-outjie maak lobola betaal, maar sy beursie was toe en sy gulp oop.

Almal maak foute, dingetjie. Môre sal die son weer skyn.

Klap

Gepraat van sonskyn: Karmen wil nie meer skool toe gaan nie. Vanessa probeer soos ’n vertraagde met die kind onderhandel. ’n Mens onderhandel nie met kinders nie.

Kinders is kinders en as daai myne was, sou sy te gretig wees vir die onderrig, want by die huis sou ek haar nie een klap mis moer nie.

Ek was nooit as kind deur my ouers geslaan nie, maar dis oor ek geweet het wanneer om my bek te hou. Die occasional kopklap – seker net drie – was net weens teëpraat. Ek het sommer baie gou geleer hoe die wêreld werk.

Daardie ontydige klap teen die kop was ’n blessing. Maar van kopklap gepraat – hoe kompeteer Daniel dan nou met Karmen vir die titel van taai kop van die week? Daar is tog sekerlik ’n orange roller of ’n lekker growwe besem iewers in daardie posh penthouse!

Karmen is slim met die bek, maar duidelik dom met die pompom, terwyl haar buite-egtelike buitebroertjie lyk asof hy baie aandag én berading nodig het en op ’n poster van die Pink Ladies hoort.

As my kind so gelyk het asof niemand sy kop sedert Augustus gekam het nie, sou ek hom ook as vermis aanmeld. Ek sou te skaam gekry het vir my eie slegtheid as ouer. Daai kind se kop se toestand lyk na niks minder as mishandeling nie.

As ek as kid só moes lyk, het my oumas albei seker my ma gemoer.

Nee, herder! Dis nie reg wat Bonita doen nie, en dít terwyl haar growwe kop soos ’n Organics ad lyk? Dis verkeerd.

Ek was té geskok om verder te kyk. Ek weet daar het ander goed gebeur, maar as bruin mens was dit my plig om hierdie kinders se seerkry voorkeur te gee.

Ons skinder, ek bedoel gesels, maar volgende week weer lekker verder!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters