19 dae gelede
So baie van niks, maar at least is Zelda weer terug
Amor Vittone
Amor Vittone is Zelda in die sepie 7de Laan  ~ gallo images

Woensdag dink Eugenie met die sterk skouers sy het nou genoeg gehad van die Welman k*k en sy vlug berge toe.

Mariaan praat van ’n skommelstoel vir die baba en ek dink net heeltyd as almal skommelstoele gehad het, was daar dalk vandag minder babas in die wêreld.

Dis nou voordat ek geweet het sy verwys eintlik na ’n wiegie.

Mienkie lyk nes ’n reënboog op twee linkerbene.

Hoekom is haar kop so vol kleurvolle extensions? Dis genoeg dat sy kommin is – foeitog!

Kevin en sy stretchmarks daag op vir brekfis, maar niemand behalwe Lesedi stiek yt nie.

Sy neem toe topless foto’s van die losloper-man asof hy aangenaam lyk sonder klere.

Love Me Lodges beplan ’n couples retreat en Bruynwaves moet pitch. Verbeel ek my of pitch hulle net vir k*k?

’n Klompie volwassenes met twyfelagtige verhoudings moet nou oppitch om ander couples gelukkig te hou. Dis mossie reggie!

Connie jaag vir Mienkie by die boetiek uit en Matrone probeer Mienkie upgrade. Sy mors natuurlik haar tyd, want Mienkie is so eenvoudig soos bousand.

Olivia gooi sout oor die eier wat Diederik gemors het, want dit vee ’n mens glo makliker op.

Hy loop koop toe extensions en maak asof hy haar hare knip.

Hierdie twee sal bitter vinnig uit die sepie geskryf moet word voordat ek my dood gaap voor die TV.

Zelda verskyn by die voordeur met ’n Peter Blond-baadjie wat skrik vir niks. Sy lyk kompleet soos een van my ouer duvet covers. Ek het Zelda regtig baie gemis.

Kevin spyker Lesedi en vertel vir Vanessa. Vanessa verwys na seks as cuddle en ek verstaan nou hoekom Vanessa al telkemale met die lyf was.

Charmaine was eerlikwaar nie baie spesifiek met die voorligtingsklasse nie.

Ek het Karmen se stage production genadiglik gemis.

Ek is vreeslik hêppie oor dit, want daai kind werk op my elke laaste nerve.

Olivia kry vir Diederik terug op die kinderagtigste manier moontlik.

Almal sien uit na volgende week, want daar het wraggies dié week niks gebeur nie. Ek sukkel so om dié week op te som, want dit was ’n week van absoluut niks om oor huis toe te skryf nie. SABC2, ons verdien beter!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters