9 maande gelede
Rickus se Ratel bewaarheid Olivia se wildste fantasieë
 ~ 

‘EK IS Ratel!”

Jislaik, ek was op die vloer! Olivia se wildste drome het letterlik waar geword.

Nog nooit was haar padda so verrinneweer nie! Sy het gevoel soos ’n Lotto-wenner.

Olivia het gewen toe Ratel daai drie kom druk tussen haar pale.

Dit was soos die 1995 World Cup in Livvy se paddavlei.

Rickus se Ratel was die bal en Olivia se slymkonyn die rugbypale.

As jou man styf raak vir ’n nar-masker, moet jy begin planne maak om weg te kom.

Organise vir jou ander blyplek en ’n interdik en praat solank met jou kinders oor hoekom hulle in die middel van die nag saam met mamma sal moet weghardloop.

Hoe jy die nar-storie met jou werpsel gaan deel, is regtig nie my besigheid nie, maar jy sal ’n plan moet maak, want jou k*k is jou k*k. Sterkte tuis.

Dis nou erg jammer dat Rickus dalk dood is, maar soos voorheen genoem, wil ek niks meer glo oor dood voordat ek nie dokumentasie sien nie.

Die bruin mense in 7de Laan staan net te gereeld uit die dood uit op soos Lasarus van ouds.

Jesus, Lasarus, Neville en Langley behoort aan dieselfde Whats­App group.

Olivia gaan haarself aan die eerste die beste boom ophang.

Hoe kan jy vir die eerste keer in jou lewe reg oulik gemaak word net om ’n dag later single te wees? Jou lewe is ’n totale donnerse ramp en soos ek reeds genoem het, verdien jy nog nie geluk nie.

Ek wil dan ook net met trane in my ogies weet hoekom Viviene die enigste een is wat steeds in die mang sit.

Dis mos basies diskriminasie teenoor haar omdat sy ’n mal lesbian is.

Mental illness is ’n ernstige onderwerp en ek voel net Vivvy verdien ’n break. Vivvy is gevaarlik, reg genoeg.

Mense is dood en mense is gekidnap en seergemaak, maar diep binne-in Viviene se hart is sy net ’n misverstaande butch lesbian en selfs butch lesbians verdien geluk.

Esti moet haarself baie rustig neersit en besef Marko gaan haar los vir suster Miems.

Sy moet dit aanvaar en besef sy het nooit regtig ’n kans gestaan nie. Fluit-fluit, jou storie is uit, meisa.

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters