11 dae gelede
Rickus moes mos al lank lepel in die dak gesteek het
André Lötter is Rickus Welman in 7de Laan.  ~ 

LESEDI se pruik hunker na ’n identiteit en die kopvel van ’n veel ouer vrou.

Iewers loop daar ’n pen­sioenaris sonder ’n kort bob In die ronde, maar Lesedi is min gespin.

Lesedi raak nou effe desperaat as ’n mens die besigheid reg bekyk.

Diederik probeer met alle geweld keer dat André die pamfletjie lees wat oom Jacob en sy niggie Aggie met die hulp van drie kelners gepubliseer het. Daar was nie ’n enkele joernalis betrokke by die druk van daai begrafnisbladjie nie.

Daar’s meer nuuswaardige info in daai ads vir sangomas wat hulle by Bellville se verkeersligte uitdeel.

Diedie se moeite is vergeefs. André lees toe die skurwe nuusbriefie. Nou is sy gevoelens diep seergemaak. Almal gaan nou weet hy suig hol. Hy’s erg ontevrede.

André gaan julle publikasie sink. Ek sien al klaar hoe staan en kyk Olivia weer links, maar ook regs terwyl André haar k*k vertel.

Tref-en-trap-ongelukke is weinig niemand se skuld nie. In hierdie geval was dit Thomas se skuld.

Daai Afrikaanse sletjie met die Engels-as-tweede-taal-aksent moet ook skuld kry. Sy gil sommer sy gaan verkrag word. Dié kind dink regtig sy’s ’n finalis sonder dat sy die top-10 gehaal het.

Jy’s nie eens geregtig op Miss Personality nie, Dingetjie. Jy mik na wen, maar tweede prinses is klaar hoog buite jou bereik.

Slymkonyn

Lesedi stig ’n tipe emosionele hof in die penthouse waar bruin en swart mense oor hulle gevoelens kan praat. Dis ’n mengsel van Jerry Springer en Judge Judy. Niemand se hare roer nie – ten minste nie voordat Bonita opdaag en die vlag vir Brazil laat wapper nie.

Sy weet sy is verkeerd, want kom ons wees eerlik – Bonita se slym­konyn kry tans die meeste aandag.

Sy’s eintlik heeltemal impressive as ’n mens in ag neem dat Justin haar glad nie meer blameer vir Jasmine se dood nie. Met oortuiging staan sy nou voor die huil-hof en praat oor familie en hoe die Meintjies-mense haar hele lewe is.

Die mense is niks van jou nie, Dingetjie.

Tegnies hou jou kind jou nog in die game.

Hulle wil net van jou hare leer – daarom kry jy aandag.

Hulle wil ook voor ’n fan staan en iets sien beweeg.

Hulle is onbewus van jou geheim uit Suid-Amerika. Hulle hou jou aan ’n lyntjie net totdat hulle uitvind van daai sulfaat-vrye sjampoe.

Dan gaan hulle jou saggies in die nag maak verdwyn. Jy ken duidelik nie bruin vroumense nie. Hulle het no mercy.

Hulle sal Daniel self grootmaak. Charmaine weet van optelkinders. Jy beter meer boss moves maak en ophou sterkgesig wees. Eendag is eendag.

Ou Rickus is toe al die tyd omgery deur Thomas en daai mannemal-meisiekind. Hy lê nou bewusteloos in die Hillside Kliniek, waar mediese wonderwerke nog elke dag plaasvind. So, daar is ’n goeie kans op oorlewing.

Jy’t in elk geval al veel erger as dit oorleef, Rickus, so ek het hope vertroue in jou.

As ’n mens nou mooi al jou survivor moves soos die vliegramp, fight club en die Haven-gemors in ag neem, moes jy eintlik lankal ’n mooi begrafnis gehad het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters