2 maande gelede
Ou Krokodil run deesdae cults pleks van coffee shops
Chris van Niekerk
Chris van Niekerk oftewel Ou Krokodil Francois  ~ 

JULLE, Chris het dan nou ’n hele tweede familie!

Ek is bitter ontevrede oor die wegsteek-broeisel se voorkoms en gedrag.

Kyla huil heeldag en aldag en ’n mens kan seker verstaan, want die arme kind se ma lê op sterwe.

Die ander skepsel is egter baie meer as net ’n gebedsaak.

Hy’t duidelik Chris se humeur en liefde vir die onderkant van ’n wynbottel geërf, maar die oranje kroeskoppie van die 17-jarige embrio van skande en egbreek pynig my.

Rickus is promote van Fight Club champion tot volskaalse terroris met ’n bom en als. Dié klomp gebroke vertraagdes in Haven is nie een reg in hulle se koppe nie.

Julle woon in Krokodil se terroris-cult waar die destydse koffiewinkel­baas sy stiefdogter gebruik om manne na Wendyhuise te lok met beloftes van kaalvoettroues in die bos.

Dis ’n siek soort bestaan waar gekneusde wit mense die nuwe ANC-bedeling probeer ignore. Hulle probeer nou oor begin deur die aardbol te aanbid terwyl hulle onbeskof lelike klere dra.

Die samelewing kry reeds so swaar. Nou nog dié k*k ook. Ek sukkel nog om tot verhaal te kom oor Pik Botha se skielike afsterwe en hierdie onheiligheid help net mooi niks.

Dat Pik se heengaan nou saam met die apartheid-karavaanpark in die bos onthou moet word, maak my hart seer.

Ek sal hom altyd onthou as daai oom op TV wat op internasionale platforms sommer rof gestoei het met redelik eenvoudige Engels. Daai man was nou nie skaam om te wys hy sukkel nie.

Olivia huil haar oë uit oor ’n man wat sommer op dag drie besluit hy vryf nou forever ’n wit toordokter se brulpadda.

Dink julle Francois se stiefdogter is normaal? Sy’t op ’n vliegtuig die aarde in geploeg en ’n week lank oorleef met ’n dik boom deur haar maag soos ’n sosatie.

Hoe oorleef jy dit? Het jy dan nie ingewande nie? Hoe het die boom deur alles gesteek, maar nou loop jy heeldag kaalvoet in streepsak­pajamas rond soos Aspoestertjie op dagga?

Xander wil met alle mag Lesedi se lobola betaal, maar Charmaine en Jacob het ander idees. Hulle weet nou van reg en verkeerd. Jy gaan nie vir hulle met ’n slap riem vang nie. Jacob het die kleinste plot in Alex gehad, maar daar vind die stomme ou man met die verveligste stories en advies in Joburg toe ’n hele Groot Trek-begraafplaas.

’n Mens sou dink ’n begraafplaas vol wit mense onder ’n swart township sou meer aftrek geniet by Joburg se mense, maar dis net Jacob wat excited was.

Charmaine se oorle’ man is herhaaldelik oorlede en sy’t haar mallerige suster laat opsluit waar sy tot in lengte van dae in ’n lesbiese verhouding vasgevang is met ’n swart dame van ongekende herkoms. Tog sien hulle dit goed om Xander en Lesedi te judge.

Hulle albei kan gerus by die volgende stasie afklim, want ek’s op.

Ons skinder volgende week verder!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters