28 dae gelede
Ordentlike Emma moet terugkom en van Esti ontslae raak
Bertha Le Roux was Emma in 7de Laan  ~ foto verskaf

HEELWEEK. Heelweek het ek gesit en wag vir dié Woza Gold-kroon, wat glo miljoene rande werd is.

In my kop was die ding besaai met diamante en smaragde en ’n klomp colourful edelstene – en die ding kon sing en koffie maak en alles, man. Ek was so heeltemal excited, jy kon met my toor.

Toe stap daai arme vrou op die verhoog met die grootste bol k*k op haar kop ...

Ek het dadelik vir drank lus kry. Ek wou my hartseer en opwinding try weg drink, want daar was niks exciting op die TV nie.

Afrikadag was seker ’n goeie konsep en ek sal erken dr. Victor en die UJ-koor was entertaining, maar daardie Xhosa-klopse met die bierkratte raak nou effe afgesaag. Ek voel net ons verdien beter.

Iemand anders wat ’n beter deal verdien, is dr. Nathan.

Shame, daai arme man is nou betrek by georganiseerde misdaad en ál wat hy wou doen, is kinders help en met Bonita trou.

’n Lewe van krimineel speel is dalk nie die ergste ding wat jou kon oorkom nie Nathan. Imagine jy was getroud met Bonita. Sou jy nie ook eerder wette oortree in die hoop dat iemand jou toesluit nie? ’n Tronksel is immers veiliger as ’n lewe saam met Bonnie.

Niemand was meer opgemaak met Afrikadag as Jacob nie. Hulle het mos sy stem vir die voiceover op die verhoog gebruik. Hy staan toe op sodat almal kon sien dis sy stem en hy dans toe terwyl almal nog sit. Die oom likes aandag en dis nie reg teenoor Lesedi nie.

Sy wil net posh en stemmig wees. Soek niks van niemand nie, maar haar pa likes die klomp aandag. Hoekom is hy tog so? Dis nou wat jare agter die tralies aan ’n mens doen.

Julle, wat het van Emma geword? Ek bekommer my dood oor haar.

Vir ’n wyle was ek seker sy kom terug, maar daardie fiasko van ’n tyd toe almal so tronkvoëls was, het gemaak dat ons haar vergeet.

Ek wens sy ontsnap en vermoor stilletjies vir Esti. Esti werk op my laaste nerve. Sy’s ’n vrou van losse sedes – selfs losser as Mariaan – maar sy kom net weg met alles.

Hier kry sy ’n goeie man wat haar deurgewerkte padda wil trou en als, maar sy’s tevrede met niks. Werk haar vrek om ’n halfmiljoen rand se skoolfooie te betaal sodat mense kan dink sy’s posh, terwyl sy eintlik net spuls is.

Ek is totaal op van Esti. Emma was ordentlik. Waar is Emma?

Dan kom ons by Mariaan. Die original slymerige slet.

Sy lig haar enkeltjies die hoogtes in vir Sarel Seemonster; dan glimlag sy asof sy skaam is vir manne.

Jou lyf ken baie manne, Mariaan. Daar’s nie genoeg geld in die wêreld om ons te maak vergeet van jou jintoe leefstyl nie.

Daai oom gaan jou kaal uitrek en nie om weer by jou guava te kuier nie. Jy’s bitter eenvoudig vir iemand wat kastig so gevaarlik is!

Ons skinder weer volgende week lekker saam, mensies!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters