2 maande gelede
Olivia wil Diedie vang met die oudste trick in die boek
Foto: www.artistwarehouse.co.za  ~ 

GROOT was my skok toe ek hierdie week op ’n klomp vreemde goed in die Laan afkom.

Olivia probeer vir Diederik papnekkies kweek. Sy wil Diederik trap in hulle huwelik deur ’n papnek vir die stomme Noord-Kapenaar te baar.

Dis letterlik die oudste trick in die boek en ek praat nou van die heilige Bybel. Dan lyk dit nogal of sy haar sin gaan kry, want Diederik het mos maar ’n sagte plekkie vir kinders en skynheilige vroumense.

Olivia is so tweegevreet soos Judas uit daardie selfde Bybel en dis net ’n kwessie van tyd voordat sy daardie bondeltjie vreugde teen hom gaan gebruik sodat sy hom soos ’n HIV positive vloerlap kan hiet en gebied.

Sy’t die persoonlikheid van ’n klein botteltjie no-name visolie en die slymkonyn van ’n jintoe wat ’n mens met pienk en groen Fizzers kan betaal. Sy staan dan gereed vir enige een wat bereid is om die een verwarde uitdrukking op haar gesig te verdra.

Sy’t dan net verlede week met Rickus in die bed gespring. Selfs hy het haar herinner dat sy getroud is voordat hy haar padda maak hop het. Dink hoe dom gaan julle onskuldige kindjie wees, Diedie.

Ek het Olivia nog nooit iets moeilik gesien verstaan nie. Ons het letterlik geen bewyse dat sy kan lees, skryf, tel of kinders grootmaak nie.

Eetsteurnis

As jy my nie wil glo nie, Diedie, onthou net altyd, Haven se mense wou haar nie eens gevange hou nie. En dis baie gesê, aangesien hulle ’n cult is en altyd mense soek. Geestelik versteurde mense met bomme om hul lywe het gedink: Kom ons los liewer hierdie een.

Hilda dink Alexa het ’n eetsteurnis, maar ons weet tog almal sy verwag van Fikani, wat baie duidelik presies weet hoe ’n mens Dawid se wortel moet begrawe.

Jacob jol intussen met Ruth terwyl hy planne maak om haar te maak verdwyn soos die grillerige siekte wat sy is.

Lesedi is doenig om Willem weer aan haar kant te bring sodat sy Mariaan­ weer kan tackle terwyl daai heks Mariaan self bose planne beraam.

Sy moet veel eerder fokus op die feit dat haar eie man en kinders haar nie eens sal wil begrawe as sy môre morsdood neerval nie.

Vince en Aggie se huwelik lyk nes ’n episode van Ripley’s Believe it or Not en Xander en Vanessa se Engelse kind met die size 7 voete probeer Hector se lewe red, maar niemand luister na Karmen met die ongewillige klein bolla nie.

Daai oom Bruce verkoop naweke kinders soos Hector in die stilte.

Vanessa en Xander kon mos sien daai kind met die bleek vel lyk nes ’n skaap ter slagting.

Waar het julle al ooit so ’n blou-pers, donker Bruce gesien? Dis duidelik nog ’n lokval met ’n valse naam, maar Xander met sy klomp gelerentheid en Vanessa met haar jare se ondervinding in events reël, kan nie sien Bruce maak gereed om daai vanilla-wit kindjie soos sopbene teen die pad te verkoop nie.

Ons gesels weer volgende week wanneer dinge meer sin maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters