4 maande gelede
Nozi se padda lyk soos ’n professionele kwaker
 ~ 

VRYDAG daag Vernon sommer net op soos Lucky Luke se perd. Shame, hy lyk so gelukkig, dis regtig net jammer oor sy hare...

Waarheen was die klong nou weer? Was daar nie barbers nie?

Chris is aspris om so ’n ophef van hom en Willem se nuwe pa-skoonseun-verhouding te maak. Sy eie kind voel nou meer ingetroud as ’n buitebrief.

Nozi was glo ’n maagd voordat Fikani haar slymkonyn met sy los wortel verlei het. Nou sukkel die man met skuldgevoelens, dra blomme en panties aan, en maak afsprake met die slap sletjie.

Watse maagd gee af op die eerste aand? Maagd se moer, man!

Haar padda lyk eerder na ’n professionele kwaker. Daai ding spring lankal groot spronge.

Mariaan bond weer met Amanda en praat die moordenaar baie moed in; vertel haar sy sal ’n goeie ma wees. Amanda? ’n Goeie ma? Sy gaan die res van haar lewe mang.

Emma kan haar dalk ’n paar tips gee oor long-distance ouerskap agter tralies. Sy’s in elk geval ook nie vreeslik stabiel nie.

Vanessa en Justin se verhouding is ’n moerse ramp. Justin vertel die vrou met die laptop hy’s lief vir haar. Sy’t haar eie suksesvolle besigheid, ’n dagboek en ’n kind met size 7-voete.

Hy verwag sy moet hom ook nog emosioneel ondersteun. Daai vrou is besig, Justin. Sy kan nie ook nog met jou Worcester-wynland daddy issues deal nie.

Jy moet jouself loop ondersteun. Dalk ’n jeugsentrum in Rawsonville stig. Dis nie my besigheid nie. Ek weet net jy gaan nie antwoorde tussen die Meintjies vind nie.

Verder reël Marko nou TeleFunQuiz-aandjies in Stasie Ses. Daai plek is die hele week, dag en nag, vol mense. Hy kan mos begin lang biere verkoop as hy sukkel met die besigheid.

Dit sal heelwat mense lok. Nou nie die beste soort mense nie, maar kom ons wees eerlik... Stasie Ses was destyds ’n gangetjie agter regte besighede. ’n Soort diensingang waar ’n mens aflewerings ontvang het.

Nou is dit ’n drinkplek waar verwarde Afrikaanse mense van Johannesburg byeen kom om aan vasvrakompetisies deel te neem.

Daar is drie spanne. Hilda, die skat­ryk geskeide antie met die diamonds wat shoul­der pads vrou-alleen try terugbring, is in charge van die een span.

Matrone lei die slimste span waar jy net aansoek kan doen as jy matriekvrystelling en ’n graad het.

Jacob bestuur die span van mense wat nie goed genoeg vir die ander twee spanne was nie, die Dream Team, wat ’n misleading naam is.

Olivia lyk asof sy gr. 10 toe oorgeplaas is sodat haar skool haar aan ’n skills-sentrum kon afsmeer. Sy is egter die Dream Team se sterkste kandidaat en spoeg antwoorde uit soos ’n soldaat. Jacob het haar seker ekstra klasse gegee en gedwing-leer met sy sambok.

Xander moet Justin weer by elke geleentheid raakloop. Arme Xander moet almal se k*k opvreet.

Hy kom nog so lekker na sy gebroke huis toe waar die idee van ’n lekker aand ’n vriendelike geselsie met sy vervreemde vrou is.

As hy lucky is, praat sy dogter twee halwe woorde met hom en sy los seun met die swak beenmurg gil nie sy kop af nie.

Dan staan sy eks-skoonsus met sy buite-egtelike seun bo-aan die penthouse se trap soos Mrs. Carrington, maar met Masala Orange hare wat plat gemoer is met ’n Clicks flat iron en ’n halwe liter silicone.

Maar wag, ons skinder weer volgende week. Hierdie week was besonders boring. Ons hoop maar dinge word volgende week beter vir almal. Ek sien nogal uit na die stemmetjies in Mariaan se kop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters