3 maande gelede
’n Romanse met Romeo sal Rickus se probleme help op los
Andre Lotter is Rickus in 7de Laan  ~ 

EK VOEL Rickus en Romeo het ’n klomp seksuele tension wat mooi sal opklaar as hulle net so ’n bietjie vry.

So ’n bietjie man-op-man-aksie kan baie probleme oplos.

Rickus kry homself eerder jammer en kruip by die trap op soos ’n haarwurm met een eier.

Almal probeer hom help, insluitend Eugenie met die sterk skouers.

Ek het egter baie vrae. Hoekom is haar naam Eugenie?

Wat wou haar ouers bereik deur die onskuldige kind op te saal met so ’n vreeslike naam?

Nou dink Wheelchair Barbie sy is ’n superhero wat ander rolstoelmense kan help deur hulle aanhoudend te bel met haar pienk selfoon.

Sy is ’n soort onnodig wat niemand regtig nou voor lus is nie, veral nie iemand soos Rickus nie.

Ek weet net een ding. As Romeo nie met Rickus slaap nie, gaan Eugenie hom oorrompel en sy onskuld steel. Sy lyk na daai tipe.

Karmen is nou ’n boom in die laerskool se teateropvoering.

Almal weet Karmen is ’n boom, behalwe Karmen. Sy glo vas sy is ’n prinses en niks of niemand gaan haar keer nie. Karmen maak my so besonders moeg.

Hoekom is Vanessa se vlegsel soveel langer as Karmen se amper bolla?

Die kind gaan nog ’n erge kompleks ontwikkel oor haar ma net koop en las soos sy lus kry. Karmen moet maar deurdruk met dit wat die natuur aan haar geskenk het.

Vanessa, jou kind sal jou nooit vertrou as jy elke maand anders lyk nie. Dis asof jy en Lesedi nou Battle of the Ponies probeer speel sonder rede. Vir wie probeer julle impress?

Julle saai net griewe tussen julself en die kinders. Dink tog aan die kinders. Kyk nou net hoe deurmekaar is Karmen vandag as gevolg van julle gedrag.

Marko moer vir Kevin met ’n stoel deur die gevreet omdat Kevin dit verdien het. Die einde.

Esti is mos sak en pak daar weg Hermanus toe. Wat so lekker is in Hermanus weet die walvisse alleen. Maar Thomas gaan drie maande in ’n verbeteringskool sit en Esti moet Hermanus toe.

Marko sit nou sonder verloofde of enigiets en Kevin try met die man k*k praat. Natuurlik gaan jy gemoer raak, dingetjie. Dis hoe die lewe werk.

Ek voel net Romeo se fringe is sexy en hy help Rickus klaar in die shower.

Die logiese volgende stap is dan tog ’n intieme verhouding.

Mariaan sal hom mos aanvaar, Rickus.

Sy wil jou maar net gelukkig sien.

Rickus het nog baie om te leer, want hy klim uit sy rolstoel om in ’n gewone stoel te klim by Oppiekoffie. Dis maklik dieselfde stoel waarmee Marko vir Kevin gemoer het, maar hoekom oorklim as jy net kon inrol? Ek het baie vrae, maar die plek is op...

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters