4 maande gelede
’n Dronkfees is iets waarby die Laan se mense sal baat
Mariaan Welman  ~ foto verskaf

MARIAAN se slym­konyn is eksklusief aangetrokke tot onaantreklike mans.

Dis heel moontlik glad nie haar skuld nie. Baie mans is jollers en blameer hulle drange, so hoekom mag Mariaan se swakheid haar nie oorrompel nie?

Ek praat dit nie goed nie. Sy’s steeds ’n slet, maar sy is tog net mens en wie is ons om te oordeel?

Sy is al deur baie meer as genoeg in haar mislike leeftyd, so kom ons gun haar dié laaste paar jaar.

Laat die vrou tog net doen wat sy wil, want teen dié tyd is sy al deurtrek van daai soort infeksies wat die res van ons sou onder kry.

Sy is inderdaad ’n sterk vrou. Haar gesin hou haar glo staande, maar ons almal weet dis net haar padda wat haar nog regop hou.

Hilda en Jacob is besig met hulle eie weergawe van ’n skinderblad. Ek weet hulle noem dit ’n soort newsletter, maar as ongeleerdes eers hulle eie publikasies begin, kan julle maar weet joernalistiek speel nie ’n rol nie. Dis net ’n vieslike geskinder en hier is groot k*k aan die kom.

Ek’s self nie een vir stories aandra nie en beskou ons geselsies oor ander as ’n onskuldige tydverdryf. Ons gebruik tog niemand se regte naam nie. Dis soos sprokies vir grootmense.

Ek is net verbaas dat niemand van die Laan dié naweek op Robertson is vir die Wacky Wine-dronkfees nie. Ál die Laners is tog op een of ander manier verslaaf aan dop.

Hoofpyn

Dis eintlik die perfekte geleentheid vir ’n soort dronk reunion. Dis ook ál tyd wanneer die hele Robertson saam paartie, want môre begin skinder hulle net weer.

Sondag is die kerke leeg, want selfs dominee-goed sit met ’n erge hoofpyn en Bradley maak sakke vol geld, want almal hardloop Bourbon Street toe vir sterk koffie.

Bonita is daai vriendin na wie jou ma destyds verwys het as “verkeerde vriende”. Dink julle Vanessa en Charmaine wil hoor? Nooit!

Hoor is mos min en hulle konkel saam met die roesrooi feeks in ’n poging om van arme ou Vivian ontslae te raak. Hulle dink Vivian gaan hulle belofte nakom, maar hulle vergeet Vivian het g’n gewete nie. Toe vind Justin buitendien alles uit oor Jasmine se dood en daar lag Vivian terwyl sy en Lips koekstamp en giggel.

Sarel weet nou van Ben se moord, so ek aanvaar hy gaan nog ’n hele rukkie rondhang. Ek’s al óp van die vervelige man, maar nie Xander nie. Hy skuld die sleg jong niks, maar verdedig hom in die hof? Vir wat? Dié hele storie voel effe geforseer, want hoekom dan nou betrokke raak by skelms, rowers en moordenaars as jy hulle kan vermy?

Esti verwag en die oorgewig angle raak boring. Ek wil net bid vir vrede in ons land maar Esti en Marko se stupidgeid gaan my verstand te bowe.

Sy gaan maklik eers op sewe maande uitvind sy is met die lyf, want sy en Marko lees mos net saans vir mekaar Bybelversies voor hulle bid en in aparte beddens kruip vir ’n geseënde nagrus.

Maar daai k*k kan hulle op hulle voorkoppe gaan skryf, want ons almal glo mos hulle is maagde.

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters