27 dae gelede
My brein sal moet aanpas by wat nou op die TV gebeur
7delaan
Fikanie en Alexa van 7de Laan.  ~ 7de Laan

WOENSDAG bevind Gabby en Fikani hulle in ’n informele nedersetting.

Ek weet die bekender woord is “plakkerskamp”, maar hier woon hordes wit mense. Nou, ek het al van so iets gehoor, maar nog nooit self ervaar of gesien nie.

Ek is grootgemaak om te verstaan wit mense is net eenvoudig beter in alle opsigte. Nou’s dit vir my brein moeilik om sin te maak van wat hier op die TV gebeur.

Wit plakkers gooi die polisie met petrolbomme en die swart dokter moet nou koes of die wit plakkers bedood hom.

Ek bly eis vir Gabby se safety, maar dan besef ek haar ouma- en oupagrootjie het die pencil-toets geslaag. Nou nie volpunte nie, maar hulle is darem deur.

Ek moes myself heeltyd herinner dat die wit mense veilig is, maar toe begin ek worry oor die vetkoek wat Tjattas vir dié twee aanbied.

Daai Hettie is nou al langer as ’n week soek en volgens Tjattas is sy nou totaal van haar kop af waar sy nou tussen die plakhuisies swerf. So, nou’s my vraag: Hoe oud is daai vetkoek? Dis tog seker ook nie die laaste ding wat sy gedoen het voor sy haar trollie verlaat het nie. So, weer vra ek: Hoe oud is daai vetkoek? Is dit veiliger as blanke-protesaksie? Is dit regtig die moeite werd?

Foon

Lesedi lyk soos iemand se oupa se winter flannel pajamas. Dan het sy nog groot earrings aan wat pas by haar moerse hande. Daai vrou kan hele families bymekaar hou met haar groot, sterk hande.

Sy steek hulle goed weg, maar sodra sy haar foon antwoord, trek daar ’n sterk wind deur die hele Jo’burg en omliggende gebiede.

Kevin moet darem dié vrou vir ’n gat vat. Ek wil dit graag sien, want daai klein kerrie-smokkelaar sal bitter sleg tweede kom.

Kopano is vol selfvertroue, maar hoekom, weet ek nie. Iemand praat die klong lelik te veel moed in.

Gepraat van braaf wees, Alexawas nou sterk op pad plakkerskamp toe. Almal probeer haar keer, maar ek dink sy sal oukei wees.

As sy so niks make-up aanhet nie, lyk sy besonder baie soos ’n DStv-dakskottel, en julle weet mos hoe volop daai goedjies is.

Hardloop, Alexa! As jy gou maak, kan jy daar uithardloop met Fikani in jou arms soos oorle Hector Pieterson. Ek’t Donderdag misgeloop, maar Vrydag sien ek Fikani leef nog soos die donker-van-kleur-wonderwerk wat hy is.

Die oom wat by Beleef opdaag, is een van my favourites. Rompel Stompel soek toe Vanessa se pantyhose, en sy was eintlik van plan om Karmen se hare daarmee vas te vat, maar hoe sê ’n mens vir Rompel Stompel nee?

Gabby soen toe weer vir Tjattas en Lesedi dra Vrydag ’n opgerolde sari op haar kop terwyl sy met ’n teddiebeer gesels. Willem gaan hof toe oor Ben se dood en Matrone vertel hom k@k oor die Heights se sypaadjie vol rommel lê. Matrone moet ’n man, troeteldier of vibrator aanskaf, want sy likes k@k soek.

Fikani het toe heeltyd ’n boetie en sussie. So, ja, hy was dalk geheimsinnig, maar dit was niks viesliks soos ons gedink het nie.

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters