29 dae gelede
Mienkie is so platvloers soos ’n cheap voorkamer-tile
 ~ 

NÁ DIE hele nodelose klomp k*k oor Haven, is ek bly om te sien almal probeer weer terugkeer na normaal.

’n Mens is so gewoond aan een karakter wat met trauma struggle, maar nou is 80% van die Laan se bewoners dan pasiënte van dr. Nathan. Dié man sign almal nou een vir een op. Ek vermoed sterk dat hy by die Hillside-kliniek werk.

Ek is net donners bly dat Fikani nie die sielkundige ook is nie. Ek was al mooi gatvol van Fikani wat letterlik enige iets kon doen. Hartoorplantings, brein surgery.

En dit nadat hy nog laas jaar no-name tekkies gedra het en sokkerballe verkoop het soos ’n retail-moffie. Almal word mos promote ná ’n paar maande by Oppiekoffie, maar om te spring van till slaan en bokse uitpak na mediese spesialis by ’n privaat kliniek, was ’n bietjie van ’n stretch vir my.

Ek wens net hy kon iets aan Bonita se skielike pienk eye doen. Dit lyk so loperig, ek wou heeltyd TV toe stap met ’n tissue. Sy’t my heel naar gemaak.

Mienkie is so platvloers soos ’n cheap voorkamer-tile. Die grillerige klein slet het haar slymkonyn maak toertjies doen vir Rickus ná sy gesien het hy woon in Madel se mansion. Gelukkig is sy nie kieskeurig nie en Rickus se een eier het haar ook nie afgesit nie.

Hoe kry sy daai bietjie hare om so regop te staan agter op haar kop soos ’n speedbump naby ’n kleurling-laerskool in Belhar? Sy dink dalk dis high fashion, maar dit maak haar reeds klein gesiggie selfs kleiner lyk soos daai meerkat op die Vodacom-advertensies.

Daar was vyf mense by Zelda se kitchen tea. Dalk is dit hoe dit maar by wit mense se kitchen teas lyk, maar by bruin wedding parties is nooit minder as 60 gillende vroumense nie. Jy moet vreeslik k*k wees as daar net vyf mense opdaag.

My issue met die Zelda/Wolfie-storie is die feit dat Wolfie heel moontlik nooit weer terugkom nie. Daai oom het gevlug en Zelda dink sy trou een van die dae.

Hilda is niks tevrede met Zelda wat haar ouma noem nie.

Haar geduld raak met elke episode minder en jy kan sien sy was nie voorbereid vir hierdie klas k*k nie.

Xander het als gekoop. Daar is nie ’n enkele bottel wet look curley gel in Johannesburg oor nie. Hy lyk nou so olierig, ek wil amper vra of ek nie 100 samoosas by hom kan los vir ’n wedding nie.

Ek vra dat Connie en André asseblief so gou moontlik in ’n fratsongeluk omkom. Hulle werk op my heel laaste nerve.

Connie sit toegeplak met verbande soos ’n lid van Osama bin Laden se terroristegroep en André probeer Connie convince sy is steeds ’n beeldskone supermodel.

Connie weet natuurlik hy praat ’n klomp snert, maar sy moet maar die support vat wat sy kry, want niemand anders is bereid om vir haar te lieg nie. Hulle verhouding is so droog, ek wil iets daarop smeer.

Daar skrik Vanessa toe wakker uit haar koma sonder ’n kriesel make-up. Sy’t klaarblyklik haar ooghare in Haven verloor.

Wat my meer kwel, is Xander se skielike baard. Wat’s die kanse dat een mens se ooghare ná ’n blindederm-operasie verlore gaan en haar vervreemde man nou ’n baard kan groei?

Karmen praat deesdae langer sinne, maar nes André sukkel Karmen ook met te min gesigsuitdrukkings soos ’n pak Jolly Jammers.

Ons skinder volgende week weer!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters