6 maande gelede
Matrone kom aan boord met forced friend requests
Matrone  ~ 

JULLE, dit was regtig ’n vreemde soort week. Maandag was soos Vrydag en Woensdag soos Maandag en toe kry ons nóg ’n Vrydag.

Heerlik vir rus, maar irriterend as jy iets of iemand mis oor jy nie weet watter dag dit is nie.

Ek is seker Alexa se lewe voel heeltyd só. Ek meen, sy sit met ’n klomp mediese kwalifikasies en jarre en jarre se ondervinding in die pos van beste dokter in die geskiedenis van hoesstroop.

So, hoekom wil die CEO van die hospitaal nie hê sy moet sny aan daai oom met die bloed op sy longe nie? Dis ’n vreeslike klap in dié toppresteerder se gesig.

Dit help natuurlik glad nie dat die CEO toe vir Fikani vra om die operasie te doen nie. Daai vrou se selfbeeld lê nou aan skerwe, maar ek geniet dit vreeslik.

Dis asof sy aan ’n minderwaardigheidskompleks van epidermiese proporsies ly. Wees gewaarsku, dié dinge gebeur as jy jou kind te veel aandag gee. Niemand verdien daai soort seerkry nie. Net sy.

Chris wil graag vir Lesedi aan boord bring met Jacob se low-cost housing development. Mariaan het hom amper nat gespoeg soos sy haarself kon vererg vir die voorstel.

Sy en Jacob uiter amper gelyk hul misnoeë met die voorstel.

Hoe is Chris so ryk as hy heeltyd net k*k idees het?

Matrone is ook nou op Facebook ná 20 jaar en sy beskryf dit steeds as nuwe tegnologie. Sy praat egter baie verkeerd vir een wat so deeglik belese is. Status updates is dan nou date ups, maar ondanks al haar struikelblokke het sy darem Vrydag al die helfte van Hillside gedreig en gedwing om haar ’n friend request te stuur.

Sy herinner my aan daai mense by die werk wat dit goed dink om jou te add oor hulle jou kollegas is. Ek aanvaar nooit daai goed nie. Dis soos om voor ’n diep afgrond met jou eie lewe te speel.

Hilda begin nou mooi haar plek in die Welman-huishouding ken.

Sy is ouma Hilda en sy hoef absoluut niks te doen nie. Dit gee haar darem deesdae meer tyd om beter na haarself te kyk.

Daai geel pop met die Polio-beentjies wat so geld loaf by mens sonder om ’n woord te sê... Julle gaan my nou bestraf, maar ek beskou haar as ’n jonger Hilda. Uitputtend en irriterend met daai lelike hondjie langs haar wat lyk of dip destyds duur was.

Die boekwinkel en Oppiekoffie se staff – wie se name ek nou albei vergeet het – ruil toe mos werke uit ná hulle gestry het oor wie die hardste werk. Ek voel hulle kon hierdie storielyn vir ons as ’n WhatsApp-boodskap stuur, want hul performance herinner my sterk aan ’n laerskool-verhoogstuk. Goed bedoel, maar baie k*k uitgevoer.

Justin vryf Vanessa se kuite onder die tafel in Beleefd – net soos een met erge drange en losbandige seksuele idees. En Vanessa sit stil en ervaar elke vryfie met soveel emosie dat ek sommer my beenhare wil begin skeer. Vanessa is nou ongelooflik spuls. Sy is nou papper as die papste slap slet in die Laan.

Dinge gaan ook nie goed met Bonita nie. Daniel skree terwyl sy probeer ruikers maak. Ek hoop haar luck keer eendag gou terug.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters