3 maande gelede
Marko se slegte keuses laat hom heeltyd die ring recycle
7de laan: Esti (Reandi Grey) vrees vir haar lewe.foto verskaf  ~ 

AS JULLE enige van dié week se episodes gemis het, moet julle niks vrees nie. Julle het absoluut niks gemis nie.

Dis amper asof ’n hoofkarakter of een van die hoofskrywers met winterverlof is, want hierdie week was totaal vergeetlik.

Marko is nou in die Ghostbusters-span, want hy is nou oortuig daarvan dat 7de Laan ’n ver­lowingsvloek huisves.

In alle eerlikheid kan ’n mens sy gesukkel net toeskryf aan sy eie k*k keuses. Hy bly vroumense kies met meer probleme as common sense.

Emma was totaal onstabiel sedert daai eerste jong haar probeer uitbrand het. Sy was eenvoudig nooit weer dieselfde nie.

Sy’t haar kind iewers op ’n plaas agtergelaat en sover ek verstaan, is sy steeds in die tronk. Dít en haar rooi hare was vir my haar enigste hoogtepunte.

Nou staan en sukkel hy met Esti, ’n eks-stripper wat nog soms uit haar aftrede ontwaak in gruwelike lelike onderklere as die kliënt genoeg pitte spoeg.

Dit bly egter altyd ’n geheim oor sy desperaat was vir die 32ste keer hierdie jaar, maar Marko vind elke keer uit as sy loop geld maak met haar slymkonyn.

En elke keer belowe sy om haar panty aan te hou.

Dié vrou het al ’n soort minderwaardigheidskompleks ontwikkel.

Sodra haar beursie leeg is of Thomas se R500 000 se skoolfooie raak agterstallig, dan bel sy sulke skurwe oompies om te hoor of hulle dalk haar nuwe Mr. Price-panties wil sien.

Dis ’n gruwelike affêre, maar Marko loop steeds agter haar aan met die selfde k*k verloofring.

Sy is ook elke donnerse keer so emo­sioneel en sku en bang en vies vir haarself.

Maar sodra die pot liggies skroei, dan loop sy maar net weer Mr. Price toe vir selfs nóg cheap lace-onderklere wat lyk asof dit erg kan krap daar onder in haar konynkloof.

Marko vergeef ook dan elke kwartaal ál haar sondes en gee haar weer die piepklein ringetjie.

Dit is soos ’n siek soort rondomtalie vir sletterige kelners en kroegeienaars.

Vanessa pak mos een keer ’n jaar Karmen se tas uit en dan vind sy alewig iets skrikwekkends.

Hierdie keer was dit ’n brief van die skool wat vra dat Vanessa cup­cakes moet bak.

Ja, die hele Laan het die helfte van die week ’n stres gekap oor hierdie blerrie koekies.

Ek voel almal het oorreageer. Dinge sal vir almal in die Laan beter gaan as hierdie mense net beter met mekaar praat en soms vir mekaar boodskappe van bemoediging stuur in ’n WhatsApp-groep of so iets. So ’n tipe gedagte-vir-die-dag-benadering, want dié mense leef niks reg nie.

Ons skinder weer volgende week lekker saam!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters