6 maande gelede
Mariaan was haar handjies en Justin sit in die knyp
 ~ 

BONITA se lewe is ’n moerse ramp. Dit gaan regtig nie goed met haar nie. Sy het nou binne-in haar padda besluit dat Xander die man vir haar is.

Sy was ook nooit ready vir Vanessa se nuwe hare nie. Ek dink nie die SABC was ready vir Vanessa se nuwe hare nie. Sy het my ook onkant gevang.

Maar die girl is deesdae uitgevat soos ’n nat kat. Sy en haar prinsessie staan sterk teen Bonnie en daai klong wat niks soos Xander lyk nie.

Lesedi het toe die kamera in haar kantoor ontdek wat Justin destyds daar geplant het om vir Mariaan op haar te spioeneer, maar Ma­riaan staan nou soos oorle Moses uit die water uit. Sy het regtig ’n vuil plak vir so ’n groot vrou.

Arme Justin se stresvlakke skiet dak toe, want niemand wil hom dan nou help nie.

Mariaan speel skielik k*k dom en Justin wurg haar dat haar stywe pruik skielik lewe kry. Hy wurg haar woes, maar Mariaan is so taai soos onkruid.

Gepraat van woes, hoekom lyk Amanda so grof? Ek weet die tronk is nie lekker nie, maar sy kan darem ’n bietjie meer moeite probeer doen en af en toe ’n kam deur haar kop trek.

Aggie, Connie, Vince en André speel dan nou poppehuisie by die girls se flat en maak oop en bloot ougat met mekaar.

Ek hoop tog nie daar is mense daarbuite wat dink hulle lees vir mekaar Bybelversies voor in die nag wanneer hulle so langs mekaar lê nie. Moenie vir ’n oomblik dink julle kinders is dom nie. Almal dink nou dis oukei om buite die huwelik tussen ander mense se lakens te kuier. Ek voel die SABC kan vir ons almal ’n apology opneem.

Matrone is nou erger as ek in die social media. Eers het sy op almal se nerves gewerk met Facebook, maar nou staan haar aandag Twitter se kant toe.

Sy volg nou al wat famous is, en soos dit enige vrou van haar kaliber betaam, is daar nou ’n man met die naam van Jakkals op haar padda se spoor.

Ek wil ook nou nie alles praat nie, maar as die man homself as ’n jakkals voordoen en jy val steeds vir die joke, dan verdien jy as grootmens nie geluk nie.

Jy weet mos dan jy is besig met k*k. So, moenie kom huil op ons voorstoep as jy weer ’n dirty getrek word nie.

Ek weet ek moet dit nou los, maar Vanessa se hare, man. Sy lyk regtig stunning en niemand wil daaroor praat nie. Ek voel net julle is vinnig om haar in te doen as haar hare nie lekker lyk nie, maar nou dat sy skitter, is almal tjoepstil. Julle is afgunstig, die lot van julle!

Verder word Fikani nou aangestel as die hoof van Hillside se mediese gemeenskap en Alexa sou die arme man dood spoeg as sy kon. Sy’s nes julle. Gun niemand niks, maar ek is bitter bly vir hom.

Ons skinner volgende week weer lekker verder!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters