3 maande gelede
Mariaan se eerste kleinkind word agter tralies gebore
 ~ 

KOM ons praat gou eers oor die Disney-sprokie wat ons nou al heelweek moes verduur. Watse k*k is dit dié?

Wie van ons het nou regtig die tyd en geduld om met Karmen se twak opgeskeep te sit?

Imagine ek of jy gaan heelweek costume-winkel toe om soos cartoon-karakters op te dress sodat ons kinders kan verstaan ons gaan nie uit hulle lewe verdwyn nie.

Separation anxiety se moer, man! Hierdie mense is belaglik! My ma sou my seker ’n lepel kasterolie ingee en sê ek moet aan die toilet loop geheg raak.

Nie Xander of Vanessa is so grootgemaak nie, so hoekom doen hulle nou dit aan ons? Bonita kort ook ’n paar moerse klappe en Jacob en Charmaine moet ouetehuis toe neuk as hulle verder hierdie gemors gaan staan en entertain.

Toe Karmen eers vertel sy wil Moana wees, toe moet ek spoeg of ek verstik aan my koppie koffie.

Ál wat deur my kop speel, is daai prentjie van Karmen op die strand in die sand by die branders met hare wat alles doen behalwe wapper in die wind. Ek wil nie lelik wees nie, maar haar verwagtinge en die realiteit van die situasie is heeltemal verwyder van mekaar.

Moana is ’n eilandprinses van Polinesiese herkoms. Donker vel met seepgladde beach-ready hare wat nie eens kan koek nie.

Blameer

Hier kom onse Karmen nou op daai selfde beach baljaar propvol entoesiasme. Haar selfbeeld propvol verbeelding, maar daai aggressiewe klein pompom skep eenvoudig nie dieselfde effek nie.

Dit kan ’n sensitiewe kind soos Karmen met erge emosionele letsels los. Ek blameer haar ouers wat hierdie onskuldige kind se hare met chemicals aangerand en haar aan die elemente oorgelaat het.

Daai kop het ’n sterk hand nodig of hulle kon haar lap mos in ’n pragtige, natuurlike krul gelos het.

Sy sou kostelik gelyk het met ’n afro’tjie, braids of dreadlocks, maar hulle forseer die arme kind in dié Westerse idee van mooi wees – maar niemand kam dan haar kop nie.

Mienkie is die hele week met die lyf en Rickus is glo die pa. Ek het nog laas verstaan Rickus het net een eier, maar nietemin, Mienks verwag glo van die klong met die enkele eier.

Vince moes doktor toe vir ’n prostaat-checkup en soos die meeste van julle weet, verg daardie prosedure dat die doktor een van sy vingers in Vince se anus moet druk. Dis nóg ’n prentjie wat ons nie rondom etenstyd verdien nie.

Vrydag gooi die polisie vir Mienks in die selle en Rickus is moerig vir alles en almal.

Prinses Karmen hou ’n tea party vir haar Disney-vriende en die regdenkende grootmense daag op in kostuums.

Hel, hulle makeer elkeen ’n klap!

Alexa is sedert laas week nog besig om haar kos op te gooi en ek is al moeg van haar morsigheid, maar die cherry op Vrydag se koek was toe Mienkie se water in die tronk breek.

Mariaan sal die skande nooit oorleef nie. ’n Welman agter tralies gebore was sekerlik nooit deel van haar droom vir haar kleinkinders nie, maar só draai die wiel. Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters