2 maande gelede
Livvy moet eerder dink voor sy stupid goed doen
 ~ 

DIÉ week word Gabby ’n social media influenceren gesels met haar selfoon se skerm soos iemand wat hopeloos te veel TV kyk.

Die clip wat sy maak oor haar flat wat vuil is oor haar huismaats morsig is, versprei soos ’n poepwolkie en almal sien dit – ook ons kosbare Olivia. Meer hieroor later.

Fikani is nog in die hospitaal nadat hy laas week ’n skietwondjie opgedoen het by die blanke plakkerskamp. Dis hier waar hy uitvind Matrone is op een of ander manier verantwoordelik vir sy ma se dood.

Hy praat deurmekaar en is nog baie emosioneel. Ons hoop hy vergewe Matrone eendag vir apartheid.

Connie met die nuwe wang het ’n huisgas. Oom Hugo is soos lig in my lewe. Hy doen laas week tai chi in die sitkamer. Toe Aggie inloop, het ek dadelik geweet ek gaan dié episode vreeslik geniet.

Aggie verkyk haar aan dié wit oom – soos ’n verpleegster wat ’n sterwende pasiënt jammer kry.

Sy’t seker gedink hy’s besig met wit geeste oproep. In elk geval, toe join sy hom nadat sy hoor dis soos oefening en oom Hugo vra dat sy haar knieë sag maak.

Oom Hugo weet duidelik nie hoe hard Aggie se knieë is nie. Aggie het mak die sterkste knieë in die hele Gauteng-provinsie, so wat hy nou vra, is eintlik vir Aggie soos ’n trick question.

Intelligensie

Diederik ruk hom só op vir Olivia dat hy haar sommer vra of sy ’n dokter is. Nou, ek en jy weet albei sy sal nooit ’n dokter wees nie.

’n Mens het sekere eienskappe nodig om ’n dokter te wees. Intelligensie is nogal belangrik en om nie stupid te wees nie, tel ook nogal in ’n mens se guns.

Dus voel ek dit was uiters ongeskik van Diederik om vir Olivia so iets te vra. Hy’t mos gekies om met die prentjie van eenvoud te trou, so dis nou sy beurt om sulke verwagtinge eenkant toe te skuif.

Hy kon net so wel vir ’n hond gevra het of hy ’n kangaroe is. Hy sal blitsvinnig sy atti­tude na daai aanpassingsklas moet stuur waar Olivia die meeste van haar kinder­jare deurgebring het, sodat hy kan leer hoe ’n mens ’n pad kan stap met iemand soos sy.

Olivia het mos die video clip van Gabby gesien en toe dink sy ’n mens maak net clips as jy wil complain.

Maar Livvy trek los met ’n gekerm oor alle aardse soort k*k, insluitend vroeg opstaan, werk vir ’n inkomste en sommer haar lotto ticket wat moer toe is ook.

Dié clip post sy propvol selfvertroue soos ’n dommerige bobbejaan op ’n verhoog en die kykers moer haar flou met die comments.

Sy voel nog so seergemaak en dink haar man gaan haar support, maar hy stel eerder voor sy moet dink voordat sy sulke stupid goed post. Sy was nooit ready vir daardie skoot nie en haar ganse wêreld stort in duie,­ soos boublokkies by ’n speelskool vir special needs kids.

Dr. Sindi lyk soos moeder aarde, maar klink soos Lillian Dube wat ’n Clientèle Life policy aan jou probeer afsmeer op ’n Dinsdagoggend nadat jou DStv disconnected is. Diederik is nou ook die eerste persoon op SABC2 wat van HIV genees is. Dis net genade en baie geluk aan Diedie.

Ons skinner weer volgende week.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters