11 dae gelede
Lesedi vergryp haar aan drank oor haar pa ’n joller is
Keabetswe KB Motsilenyane is Lesedi in 7de Laan.  ~ Mmamosadi EntertainmentPHOTO:

NEE man, julle. Ruth is dan nou Lesedi se regte ma en Jacob is ook ’n joller. Wie is dan nou nie ’n joller nie? Dis oor niemand meer kerk toe gaan nie. Julle kinders ken die PlayStation beter as die Bybel en dis waar alles skeef geloop het.

Die eerbare oom is dan nou by katte in die donker knyp. Sy arme oorle vrou moes net die kind grootmaak en klaar.

Dié man se los dade is toe haar probleem vir die res van haar lewe. Nie dat ek dink ’n pragtige kind met kort haartjies soos Lesedi is ’n probleem nie.

Ek dink maar net dis baie goedhartig van haar om daardie slap slet en haar joller-man se kind groot te maak. Ek het mos gesê Ruth en Lesedi se hare lyk eenders.

Sy lyk effens te jonk om Lesedi se ma te wees, maar kom ons glo maar nou vir haar en Jacob, dan speel ons die game saam.

Dis verkeerd hoe hulle leef, maar dis meer verkeerd hoe Vanessa elke ander maand ontvoer word.

Dis of sy of haar kind of een van haar man se vele los kinders of haar man se jol-vrou of sy nuwe vrou, of haar ma. Maar niemand, en ek bedoel niemand, in Vanessa se lewe is meer veilig nie.

As iemand my probeer trou, sal ek eers doodseker maak hulle is absoluut niks van Vanessa nie. Ontvoering kan vreeslik stresvol wees.

Ek sukkel hard om dr. Nathan se deel in die Bureau-besigheid te verstaan. Ek vra julle mooi om te verduidelik watse k*k hier aangaan.

Waar kom Nathan aan die blanke kindjie en wat soek hy alewig onder die tafel? Ek skrik my seker vrek as ek so herhaaldelik op die sneeuvlokkie onder my tafel afkom. Sal dit nie help as hulle hom ’n bietjie in die son los nie?

Ek sal erken ek weet niks van die bloedjie se kondisie af nie, so ek wil nie onbeskof wees nie.

Hy is eintlik pragtig, foeitog. Ek wonder wat wil die sangomas dan met hom maak... As hulle klaar is met hom lyk hy seker soos ligte stock-blokkies of soppoeier.

Ek weet nie hoekom ons nog so gereeld van Olivia en Diederik se gebroke huwelik moet hoor nie. Dis mos nou verby, hoekom rek hulle die misoes so uit?

Livvy moet pak en Diedie moet aanhou Aids-advertensies maak. Dis duidelik sy roeping, want verhoudings en die huwelik is nie vir hom nie. Hoeveel keer wil jy iets verkeerd kry voordat jy luister?

Lesedi is so geskok oor Jacob se buite-egtelike verhouding dat sy sommer haar nuwe mammie probeer weg drink.

Jacob gryp toe sommer ook die bottel, maar dis nou te laat vir ysblokkies.

Jy moes jou tronkvoëltjie in jou broek hou, dan was daar nie vandag fout nie, maar nee. Jy maak toe mos ’n groot deposit by Ruth se gleufie en nou moet almal met die gesukkel sit. Dis mos nie reg nie, Jacob!

Kom ons skinder eers weer volgende week oor Jacob se sleggeid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters