6 maande gelede
Lesedi se skietery is waarskynlik net weer ’n droom
KB Motsilanyane  ~ 

EK HOOP net die skrywers vat ons nie weer vir ’n gat soos met Bonita nie, julle. Ek is te moeg om my heel naweek hieroor te kwel.

Ja, daar het baie ander dinge hierdie week gebeur, maar die vrou met die rooi rok is natuurlik op almal se lippe. Imagine jy moet uitvind almal om jou het net heeltyd vir jou gelieg? My kop sou seker ook uithaak en ek sou ’n veel groter gun na oorle Madel se mansion toe saamgeneem het.

Ek weet ons was verlede week ongelooflik trots op Vanessa. Ek het omtrent haar vlag vir winkelhare gewaai, maar met die verloop van die afgelope week het daardie vrou se hare minder en minder beweeg. Kom ons bly hoopvol vir beter dinge in haar lewe.

Matrone se Twitter-berk is toe letterlik ’n Ben 10! Ja, julle, die Jakkals is toe heeltyd Ben, die kelner by Beleef. Jong, Matrone was skaam oor dié gedruis en Ben kon nooit uitvind dit was sy nie.

Olivia met die baie lelike pienk jersey het toe uiteindelik uitgevind wat aangaan en Matrone se Twitter-rekening is gestop. Sosiale media is regtig nie vir almal nie.

Connie is met die hulp van daai André-vent besig om ’n designer te word. Ek weet nie wat die hele storie is nie, maar sy is tans besig om Africa Day, Bruynwaves se nuutste modeparade, se showstopper te ontwerp. Of at least, sy sal dit volgende week design.

Justin los toe die bom en vertel vir Lesedi alles van die blindmakery, die versteekte kamera en Mariaan se aandeel in die hele drama.

Dít glo omdat hy omgee vir haar, maar ook sodat die gelieg kan ophou, want glo my, hulle lieg baie in Worcester en hy kon homself nie keer nie.

Lesedi vertel hom so stink k*k dat die see hom nie kan skoon kry nie.

Sy was ’n bietjie erg met haar aanmerking oor sy wat nou verstaan hoekom Justin se pa hom nie wou hê nie, maar ek sou hom seker vrek klap as ek van die oogdruppels uitgevind het. ’n Mens kan verstaan dat sy die moer in was. At least was hy eerlik met haar.

Lesedi kap zip en maak seker niemand weet dat sy alles weet nie – veral nie die Welmans nie.

Sy smile met hulle in die openbaar en alles en maak small talk, maar eintlik broei daar ’n soort evil onder daai vrou se hoerrooi outfits wat net sy kan verstaan.

Lesedi daag net voor aandete by die Welman-mansion op en maak seker haar pa is nie daar nie. Dié is mos deesdae dik brasse met die Welmans. Weet natuurlik glad nie van die blindmaak-besigheid nie.

Lesedi ruk ’n pistool uit en brand los onder die Welman-huishoudig terwyl hulle soos watse afgewaterde royal family om die tafel sit.

Dis reg, Lesedi! Skiet hulle! Ek hoop dit was net ’n droom en dat Hilda oukei is, want dan is ek oukei. Ek is nie vreeslik geheg aan die res van hulle nie.

Ons skinner weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters