2 maande gelede
Lesedi gooi haar kop om ’n Indiese vrou se hare te skud
KB Motsilanyane speel Lesedi in 7de Laan.  ~ foto verskaf

EK WIL nou nie stories opmaak nie, maar ek dink dr. Nathan is betrokke by jol-dinge.

’n Mens kan eers seker wees as mans soos hulle Brut, Status of Solo underarm spray gebruik of wit skoene dra. Dan moet julle weet dit is reeds te laat.

Sy skoene was nie wit nie, maar ek sal mos nou nooit weet hoe die man ruik nie en dis hoekom ek glo hy’s aan die jol.

Dis egter nie die ergste nie. Ek vermoed hy’s heavy into rowwe seks met ander mans. Dis ook natuurlik dié week se hoogtepunt.

Bonita is niks meer as ’n skermstorie nie. Dit lyk nes daai geheime kamer-besigheid met die kettings en swart straps en die swepe en die toys en goed wat so vibrate.

Dr. Nathan is by die soort goed wat maak dat ’n mens jou naam vergeet van lekkerkry. Ek wonder waar doen ’n mens aansoek vir daai leefstyl.

Ieder geval, gepraat van jintoes: Het julle gesien hoe sleg is dr. Alexa en dr. Fikani, wat nog verlede jaar tekkies verkoop het?

Alexa se paadjie in haar kop is heel skeef gestoot. Sy maak ougat soos ’n deskundige op die gebied van buite-egtelike seks en die wanbestuur van die belastingbetalers se klomp geld wat hulle elke jaar vir Sars gee... Dis mossie reggie!

Daai doktor het net laas jaar nog die size ag in die stoorkamer moes loop afpak.

Sy volle aandag was nooit by sy skoolwerk nie.

Wat as hy iets gemis het oor hy daai dag van my kondisie by ’n uitverkoping moes werk? Skoenwinkels hou gereeld uitverkoping.

Hy’s maklik oorgeplaas. Ek soek nie daardie soort mediese hulp nie.

Sy passie is ook duidelik by tekkies verkoop, want hoe los jy dan jou roeping vir ’n uitverkoping op stink pumps?

Daar is mos geen groter sonde as ’n Woolies cork wedge in hierdie lewe nie. Daardie soort seerkry verdien niemand nie.

Hilda het genoeg gehad van haar weggooikind se swak leefstyl.

Mariaan leef erg verkeerd en haar eie ma is nou nie meer lus nie. Oukei, reg genoeg was sy die vorige keer ook nie juis betroubaar as ouer nie, maar ons probeer die verlede vergeet en vorentoe kyk.

Lesedi se hare kyk net vorentoe. Dis asemrowend glad. Mense met gladde hare voel bedreig deur hoe steil die vrou se punte lyk. Sy breek byna haar nek toe sy die deur agter haar toemaak.

Sy gooi daai kop sodat sy die hare van ’n vrou van Indië kan skud.

Laaste kom Ruth, wat lyk asof sy Lesedi se voorkoms geërf het. Dit lyk soos ’n knap Kimberly cut, maar dié Kimberly ken swaarkry.

Dis die soort paadjie in die kop wat sonder waarskuwing doodloop – nie oor dit wou nie, maar oor dit moes. Dis amper seer om te kyk, want jy wil nie nader staan en vra of jy kan help terwyl jy die prentjie aanskou nie.

Ek is letterlik sonder woorde.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters