29 dae gelede
Lesedi gee haar weereens oor aan die wynbottel
7 De Laan
~  ~ ~

DAAR val Brommer hom morsdood op sy eie messie. Julle, dit was erg emosioneel!

Olivia is opnuut verpletter en verwys nou na Brommer as haar eerste liefde.

Lesedi het haar oorgegee aan die diepte van ’n wynbottel. Dít terwyl sy oor en oor na Kevin se ou voice notes luister. Sy was mos erg verlief op die irriterende Indian mannetjie.

Anyway, dit lyk asof hy vir eers weg is en Lesedi is weer evil. Dís wat Indian mans aan vroue doen!

Rickus het soos gewoonlik alles oorleef. Brommer se aanval, die vliegtuigongeluk (wat hy veroorsaak het, so ek weet nie hoekom ons dit nog ’n ongeluk noem nie) en die verlamming, want die sleg jong kan al amper weer loop.

Hoe is die lewe regverdig? Hoe?

Hoe is Vivian dan nou Vanessa se ma? Vivian en Vanessa. Die name maak nou meer sin. Weet nie of julle dit opgelet het nie.

Charmaine het weer leuens aangedra en nou is Vanessa die heel kwaadste. Sy’t die vrou behoorlik afgeskryf. Niks maak meer sin nie.

Hoekom wou Diedie vir Alexa soen? Wat het die arme skepsel tog besiel? Ja, jou vrou is Olivia, so dis seker rede genoeg, maar hoekom dan in Alexa se reeds hoogs onstabiele lewe loop rondkrap.

Bonita verwyder nou haar tattoos uit haar vorige lewe. Ek het, om heeltemal eerlik te wees, vergeet haar naam is eintlik Patricia. Waar is dié tattoo en hoekom sien ons dan nooit die ding nie?

Hartseer

Charmaine se hare lyk die mooiste met die ligpers rinse. Sy lieg egter regdeur die kleursel vir Va­nessa en Vanessa val vir die joke. Maar nie vir lank nie, want die waarheid het eenvoudig ’n lelike manier om sy kop uit te steek.

Jong, Vanessa vind toe uit en die hele hel is los. Sy trap arme Charmaine met die mooi hare uit dat die see haar nie kan skoon kry nie en sy huil so bitter hartseer.

Ek voel net Vanessa was plain rou met haar arme ma. Dis g’n wonder Karmen is so ’n rou kind nie. Sy’s dalk nou ewe skielik stroopsoet, maar ’n mens kan nou skielik verstaan hoekom Karmen se mallerig is.

Enige kleinkind van Vivian moet mal wees. Dit maak mos sin.

Daar vertel Diedie ook vir Olivia sy’s nie intelligent genoeg om in ’n huwelik te wees nie. Ek weet nie wat fout is nie, maar almal kan mos nie vir Olivia dom noem nie.

Dit sal die vrou se selfbeeld moer toe maak. Sy verdien sekerlik beter as om heeltyd sleg gesê te word. Ek weet ek het dit begin, maar hierdie mense is onbeskof, man.

Khethiwe try haar container-trauma herleef, maar niemand gee haar daai geleentheid nie. Sy moet maar suffer in silence, want nou is nie haar beurt nie en dis finaal.

Ek was egter ook nie lus vir die liefde wat blom tussen Gabby en die klong met die opwindende hare nie. Dit werk al klaar op my nerves.

Jacob vra Charmaine toe: “What about us?” En hulle huil en hou mekaar vas, maar daar loop Charmaine Lambertsbaai toe.

  • Ons skinder weer oor ’n paar weke! Hou Facebook maar dop vir updates oor waarmee ek my besig hou, maar ek gaan vir eers ’n bietjie met vakansie omdat ek een verdien! Tot later!
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters