4 maande gelede
Karmen praat nou al beter Engels as Xander en Vanessa
gesin: Vanessa (Ingrid Paulus) en Xander (Theodore Jantjie) saam met Karmen.FOTO’S VERSKAF  ~ 

HIERDIE week wil ek niks skinder nie, maar ek het heelwat vrae.

Ons verdien antwoorde meer as wat Mariaan vergifnis verdien. Ek weet die Bybel sê ons moet vergewe, maar nie eens die Bybel was gereed vir ’n misoes soos Mariaan nie. Daar is ’n spesiale plek in die hel vir daai vrou.

Gepraat van sonde, weet julle hoekom Diederik dink hy kan nou opvoedkundige video’s maak?

Dis byna soos ek raak swanger en wil nou vir ander mense ads maak om te wys hoe om die beste van hulle swangerskap te maak.

Ek weet minder van swangerskap as wat Diedie ooit vir ander sal kan leer oor HIV. Ek voel net hulle kon iemand minder NG-kerk gekies het vir dié soort opvoeding.

Daar is regte uitblinkers op die gebied van slet-wees. Ek verwys na die jintoe-finaliste soos Xander en Bonita of selfs Felicity en Aggie.

Amper almal ken hulle lywe, maar Diederik loop hom vas met die groot griep en dit oor ’n bietjie dwelms. Dié mense try dwelms die duiwel maak. Ek praat dit nie goed nie, maar mense maak besluite, nie dwelms nie.

Almal in 7de Laan suip. Ons weet mos alkohol is die gewildste dwelm en niks minder sleg as dagga of tik nie. Dis maar net wettig.

Dis letterlik al verskil. Ek voel net Diedie het ’n beter einde verdien. Hy was dan nog altyd net nice met almal al het hulle hom hoe hard vir ’n gat gevat.

Verdedig

My volgende vraag is oor Karmen, wat nog nie Afrikaans onder die knie het nie, maar niggie praat nou elle lange Engelse sinne soos een wat op ’n Engelse plakkerskamp tuis was. Waar kry hierdie kind hierdie Engels wat sy so gulsig met die arme albino-kleuter deel?

Nie haar ma of pa kan Engels praat nie. Xander en Vanessa haak nog vas by entry-level Engels. Dit klink of Vanessa haarself try ver­dedig teen erge konflik as sy so wegtrek met haar kort sinne. Xander herinner aan iemand wat verskoning maak vir alle bruin mense wat daai groot bottels curl activator­ gel gebruik om daai klein, natterige rondings te maak wat nie regtig ’n antwoord of oplossing vir enige een is nie. Dis hoe jammer hy lyk wanneer hy Engels probeer.

Ek vra weer, waar kom die stomme Karmen met die pers boksie Beautiful Beginnings aan die groot woorde? Dis mos toordery dié.

En hoekom lyk Vanessa se hare heelweek asof dit alleen op Date Night gaan? Dis erg hoog en herinner aan ’n year-end function by Ocean Basket vir die skoonmaakpersoneel. Ek moet net sê ek love die skoonmaakpersoneel oral waar ek al gewerk het.

Gepraat van toordery, hoekom lyk Connie soos Phantom of the Opera? Hoekom vergewe almal haar?

Nog een wat vergifnis nie verdien nie, is wie ook al Lesedi se nuwe pruik loop staan kies het. Dis ’n skreeuende skande hoe haar voorkop elke weeksdag ’n different size was. Kies ’n size en skryf dit neer vir die volgende dag, my wêreld! Hoe moeilik kan dit nou wees?

Dis genoeg vrae vir eers. Ons kan weer volgende week gesels.

  • Join asseblief die Facebook page “7de Laan Maak my Skaam” en deel elke dag in die pret.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters