3 maande gelede
Jacob laat die Welman couple met die sambok les opsê
 ~ 

MARIAAN se kriminele verlede en leuens, wat nou soos atlete op steroids is, het haar uiteindelik ingehaal en dit is ’n lelike gedoente.

Jacob gaan nou soos ’n leeuwyfie tekere om sy enigste te beskerm.

Hy het die heilige vrees in die onheilige Welman couple in gesambok toe hy hul kosbare, pretentious dekor in mosaïekstukkies agterlaat.

Mariaan het só gebewe dat haar hare selfs vir ’n oomblik tekens van lewe getoon het. Pa en dogter is omtrent op ’n fast and furious tog!

Terwyl Jacob die Welmans terroriseer, het sy dogter die tsotsi van Worcester aan sy kort hare beet.

Justin het soos ’n true African kanarie die unspeakable truth, sonder ’n enkele valse noot, aan die polisie loop sing. Sy tsotsi-loopbaan is nou vir ewig verby.

Hy het die oneerbare reputasie van ál Worcester se skollies nou vir ewig geskaad. Niemand sal hom ooit weer vertrou om hul vuil werk te doen nie.

Justin is so besig om uit die tronk te probeer bly dat hy nie tyd het om vir Vanessa te knyp nie. Dis ’n jammerte, sy het so mooi geblom. Maar nou is sy weer besig om te verlep.

Gelukkig het die fashion show haar besig gehou dat sy darem nie kans gekry het om Xander se lewe nog suurder as gewoonlik te maak nie.

Die fashion was nie van hier nie! Dit het so ge-glitz en ge-glam dat my kop nou nog draai!

Hilda is mos nou die Laan se bejaarde fashionista en was daar in ’n wit, rooi en zebra-streep outfit. Sy sal haar strepe moet verander as sy uitvind van haar dogter se pro­bleme.

Geen mens kan so baie bad luck en probleme hê met kind grootmaak soos Xander nie. Eers was Karmen ontvoer, toe word sy deur ’n bosluis gebyt, toe boer hy en sy tsotsi baby mama by die kliniek met ’n gesonde Daniel.

Aan die een kant verstaan ek hoekom Bon-Bon nie kon wegbly van die kliniek af nie. As my dokter soos Fikani gelyk het, sou ek ook daar geboer het.

Arme Daniel is nou gediagnoseer met ’n siekte wat glo dodelik is en dit het iets met gene te doen.

Ek het nog altyd gedink dat Bonita te evil is om ’n ma te wees. Daar moet ’n wet wees om evil mense soos sy en Mariaan te verhoed om hul gene te dupliseer. Die res van die mensdom moet teen hulle beskerm word.

Nou moet die arme Daniel dit ontgeld. Xander sal moet sterk staan en sy ancestors vra om in te tree.

  • Baie dankie aan Sonia Carew wat hierdie week help skryf het. As jy dink jy het wat dit vat om jou eie weergawe te skryf, e-pos gerus jou skrywe na daniels.awake@ gmail.com en as ’n deel daarvan gebruik word, sal jy erkenning in Son op Sondag en op die Facebook-blad ontvang.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters