Verlede maand
Hulle kan gerus ophou vir Xander met die oop gesig so mismaak
Xander
Theodore Jantjies is Xander in 7de Laan.  ~ 

ANNA is opslag in almal se besigheid.

Lyk ook of sy steeds vir Marko smaak al kon sy die man se ma gewees het. En ons almal weet Marko is nie juis kraakvars nie.

Dan was Kevin se breyani duidelik die holte van haar baie volwasse slymkonyn soos wafferse Alice in Durban, maar wie is ek tog om ander se lewens te kritiseer.

Anna lewe haar heel beste lewe en niks of niemand se kleinkind gaan haar keer nie.

Doenit vir jou land, Anna! Jy wen!

Gerben is k*k vuil en noem herhaaldelik vir Connie nogal tannie.

Hy’s slim, die kind. Hy weet hoe om knoppies te druk.

Hy weet hoe behep sy is met haar looks, maar sy kan nie kwaad raak nie, want dis goeie maniere om tannie te sê as jy wit is en nie die vrou ken nie.

So, nou staan en broei haar irritasie onder haar plastic wang.

Kevin se hele pot breyani is hard aan die brand en Lesedi draai ál die plate hoër.

Hierdie vrou met die pophuis-hare laat haar nie weer vir ’n gat vat nie.

Sy ken van sukkel en sy gaan nie agter hierdie sleg jintoe van ’n Kevin aan loop nie.

Die sleg iets wil nog explain, maar Lesedi soek nie ’n klomp stories nie.

Boosheid

Lesedi soek slegs haar huis se sleutels...

En dit is ook maar reg so, want hy lyk soos die soort wat kan terugkom terwyl jy onwetend by die werk sit.

Niemand sal dink hy is besig met boosheid nie, want as jy soos Kevin lyk, rol jy net jou gesteelde goed in ’n mat en trek lelike sandals aan en dan dink almal jy kom van Egipte.

Vince en Alexa leer Zoeloe praat, maar ou Vince is hopeloos te ambitious.

Hy sukkel in dié stadium dan nog met die Afrikaans!

Julle moet mooi oplet.

As hy sy woorde vergeet, dan smile hy net en dan is ’n mens se hele TV screen vol klein tandjies.

Olivia worry oor Brommer se bad blood.

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar sy moet veel eerder worry oor bloedskande.

Bloedskande kan redes voorsien vir jou kondisie – en as ek praat van kondisie bedoel ek jou dom­geid.

Xander het Donderdag weer so ’n lelike pers polka-dot-hempie aangehad.

Ek het aanvanklik gedink hy het miskien sy nek verstuit, maar toe besef ek weer hy’s doenig met fashion.

Hy probeer mos gereeld om fashionable te lyk, maar fa­shion kyk hom keer op keer lelik mis.

Dit is tog nie mooi dat hulle hom so mismaak nie, shame.

Xander het wat my ma sou beskryf as ’n mooi oop gesig.

En dit is seker goed so, maar met so ’n besige gesig moet ’n mens eenvoudiger klere dra.

Hy moet iets dra soos bruin, swart, wit en kakie.

Jy lyk begatlik, Xander. Die mense dink jy’t lovebites.

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters