7 maande gelede
Fikani het ’n begeerte om Alexa se slymkonyn te koester
Fikani Chauke sal deur Nicolas Nkuna vertolk word.  ~ Verskaf

EK IS nie lekker seker wat die storie met Hilda en Ben10 nou is nie, maar ek twyfel of dit enige iets met jonger mans en ouer dames se paddas te doene het.

Hilda het mos destyds met straatmense gewerk en ek vermoed Hilda onthou vir Ben10.

Hy’t mos ook net verskyn soos ’n visioen en ons weet eintlik bitter min van die knapie se verlede.

Ek dink hy was ’n straatkind.

Dr. Chauke is nou heavy op Alexa se case. Hy wil bitter graag Alexa se slymkonyn koester.

In die ou dae sou die regering jou hang vir hierdie soort gedrag, maar gaan voort. Hier is dalk vir hom ’n happy ending iewers in die gesukkel.

Ek twyfel tog of sy hom gaan toelaat om te vroetel aan haar gearbox, want sy lyk asof sy gril as hy haar hug.

Die gesukkel met die lewendige pop, Olivia, en Diederik is ’n totale mors van almal se elektrisiteit.

Matrone het behoorlik haar moer gestrip, maar Olivia met die groot koedoe-ogies oorreed somehow die vrou om toe te laat dat sy die R8 000 se baba in die boekwinkel versorg soos die elektroniese pes se regte ma. Matrone het duidelik baie meer geduld as ek.

Ek sou Olivia en daai battery-operated misoes dadelik uitsit.

Hildatjie verdedig Ben10 se straatkind-geheim soos ’n onbeskofte tierwyfie, maar skep in die proses ongelukkig baie meer sensasie as wat sy verwag het.

Esti is skielik totaal obsessed met Ben10 en dis net ’n kwessie van tyd voor sy uitfigure wat presies aangaan tussen Ben en Hilda.

Dr. Nathan lyk my smaak nou vir Bonnie. Bonita sit en wag reeds heeltyd op haar tweede kans soos sy dit noem, maar sy vergeet die lewe was spandabelrig met kanse vir haar. Sy’t tot ’n tweede kans gekry vir gladde hare en liefde en ’n beroep, maar alles het skeefgeloop behalwe haar hare. Dit bly seepglad met behulp van baie chemicals.

Mariaan probeer met alle geweld van Ben10 ontslae raak. Sy wil hom sommer ’n warning gee oor skryfbehoeftes en hy probeer vergeefs sy verhouding met die ander straatkinders van Hillside wegsteek. Almal gaan binnekort weet Ben10 het in ’n boks geslaap.

Dit lyk asof hy haweloses skelm by Beleef laat eet, maar hy’s vrek bang vir Mariaan wat daarop uit is om hom in die pad te steek – nie op die manier wat hy haar in die stoorkamer of in haar kamer gesteek het nie.

Vince worry nou oor lobola vir Aggie. Xander vertel Lesedi daarvan en verwag sy sou lag, maar sy vertel eerder vir Xander sy is heelwat duurder as Aggie, want jou prys word nie per kilogram bepaal soos met mince nie.

Xander verstik amper van skrik toe hy besef sy budget gaan kalf, maar hy druk deur met sy joke en nou lyk dit asof hy bankrot gaan speel om met die lawyer te trou.

Maar wag, ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters