4 maande gelede
Esti is weer besig met haar stripper-streke van destyds
 ~ 

DONDERDAG het dokter Nathan weer ’n onderbaadjie aan.

Dit lyk kompleet asof die man lunchtime salsa-klasse aanbied.

Hy verduidelik alles oor bulimia vir die Welmans, maar niemand stel belang in sy eentonige stem nie. Hulle skree veel eerder op mekaar oor wie minder omgee vir Alexa.

Hierdie is darem ’n klomp rou mense wat almal maklik op hulle eie ma sal skree.

Ek skree nooit op my ma nie. Ek het maniere. Ek skaam my dood vir hierdie wit mense.

Hierdie mense van die Laan probeer ons steeds oortuig daarvan dat Alexa besig is om te sterf van hongerte, maar haar skouers is steeds so wyd soos God se genade. Julle oortuig my van niks.

Alexa het nou uiteindelik erken sy is die siekste en dr. Nathan sit daar met ’n gesig vol concealer en smile soos iemand wat iets gewen het.

Dit lyk my Esti trek weer ál haar klere uit vir R10 ekstra. So, ons wens haar alles van die beste toe. Sy lieg vir almal en alles.

Terwyl sy haar panty uittrek, vertel sy vir ons sy is met ’n kookklas besig. Dis mos nie reg nie. Die kos wat sy bedien, kan iemand op die paal los.

Aggie en André neem vir Connie kliniek toe sodat hulle haar masker kan afhaal, en Hilda werk nou by die boetiek.

Ek vermoed hier kom ’n vreeslike klomp k*k.

Alexa wil Fikani glad nie meer sien nie. Sy’t vir ’n ander dokter gevra. Seker een wat nie eers skoene verkoop het nie. Dit sou my net so gekwel het as my mediese verlosser eers no-name tekkies aan eenvoudige atlete verkoop het.

Gabby lyk vir my soos ’n aggressiewe jong seun en Olivia het meer lokke as Patricia Lewis.

Xander wil vir Diedie in die geheim sien omdat hy kan sien Diedie is sielsongelukkig in sy gebroke verhouding. Dis dít of die drugs, maar ek hoop Xander wil oulik maak met hom sodat hulle albei se lewe kan rede kry.

Fikani voer nou vir Alexa klein lepeltjies kos, maar haar linkeroog trek heel skeef toe hy haar probeer soen. Die vrou se lewe is bitter grof.

Ek is amper seker Nicholas is ’n polisiebeampte, want dis tog net ’n kwessie van tyd voordat Esti vir los seks van R25 voorgekeer word.

Wat gaan jou arme kind van jou dink as jy nou weer voor die hof gesleep word?

Marko gaan haar ook hierdie keer los.

Ek belowe julle dinge sal volgende week beter verloop. Ek is excited oor Hilda wat nou klere verkoop. Sy doen besonders goed vandat sy ’n bietjie geld het.

Sy trek nie meer so k*k aan soos voorheen nie. Dis net satin en lace waar jy kyk. Sy dra maklik beter onderklere ook. Die lewe is regtig vol verrassings...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters