3 maande gelede
Emma kon Liefie gerus ’n bietjie lesbiese liefde gee
 ~ 

ARME Jasmin, julle... Maar dis dalk beter so.

Watse lewe sou die klein misoes tog gehad het saam met ’n moordenaar-ma en ’n verwarring van ’n pa?

Dan het Jasmin se valskermongeluk van ’n ma nogal Jasmin se eie oupa vermoor. Hoe sou die arme kind eendag op skool vir haar tjommies verduidelik haar pa kon net twee gesigsuitdrukkings baasraak?

Dis seker ’n algemene verskynsel in Worcester, want niemand het hom sy lewe lank reggehelp nie.

Die arme man was net vir ’n dag ’n pa en dit het hom duidelik ’n erge knock gegee. Sy selfbeeld lê aan skerwe. Die vet weet, die blerrie jong kom die allerergste goed oor. Absoluut niks in dié bruin man se lewe loop ooit reg nie.

Dis net ongelukke bo-op tragedies en ’n stootjie van Vanessa, sy baas, elke af en toe.

Hy moet ’n Vrydag-jeuggroep of ’n Praise & Worship-groepie join, want hy benodig nou meer as ooit indiepte-berading en geestelike toenadering. Hy lyk nes een wat kan dood van die stres wat hy op sy knap Worcester-skouertjies dra.

Toe ontaard 7de Laan se #tronkstories mos in ’n lesbiese hostage-drama. Die hostage-besigheid op sy eie was klaar stupid, want hoe besef die res van die tronk se bestuur nie dat twee bewaarders net missing is nie?

Hoekom praat Lips nie ’n dooie woord met ’n naam soos Lips nie en van wanneer af kry ’n mens dan sulke dik Sealy Posturepedic-matrasse in die tronk?

Die storie het begin windskeef trek toe suster Miems, of eerder Emma, nie vir Liefie ’n bietjie lesbiese liefde wou gee nie.

As sy so ’n goeie kerkmens was, sou sy Liefie se vinger-vroetel vir die res van haar susters verduur het. Sy kon mos net haar kuif oor haar gesig getrek het terwyl Liefie aan haar padda peuter. Vir ’n born again voel ek het Emma die saak heeltemal verkeerd benader.

Amanda, die malste, het besluit die brand­stigter is verantwoordelik vir Jasmin se dood.

Daar kom kry hulle toe die selfmoord-vertraagde Bonita wat gedink het Daniel is dood.

Verder hardloop Daniel al amper cross country-wedlope met sy nuwe beenmurg terwyl sy eie ouma se suster vir sy ma vertel hy’s ses voet onder.

Dis jammer ons kon nie lekker sien hoe Jasmin lyk nie, want ek sou aan haar skouers kon sien of sy Justy se sedes is of nie.

Mariaan probeer wragtag Vrydag ontsnap. Dis iets wat ’n mens kan verstaan. As jou 7de Sel-klasmaatjies Natalie en Vivian en ál die stemme in Vivian se kop was, sou jy ook seker probeer spat het.

Wat ek egter nie kan aanvaar nie, is die feit dat Chris ’n Toyota Fortuner ry soos ’n smokkelhuiseienaar in Mitchells Plain. Is die man dan nie ’n multimiljoenêr nie?

My grootste seerkry was Mariaan se escape outfit. Hoe enige regdenkende grootmens met so ’n lelike roesbruin mussie kan probeer ontsnap, is onverstaanbaar.

Daai kopluis-bedding op Mariaan “The Brave” se stywe hare skree “misdaad”! Dit lyk soos ’n mengsel van getraumatiseerde skaapk*k en armoede en hoort op niemand se kop nie.

Ons skinner weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters