13 dae gelede
Ek wil graag weet maak Alexa saam met haar pay
 ~ 

CHRIS is terug. Niemand is meer terug as Chris Welman nie.

Hy’t kom kyk hoe Mariaan se moordverhoor afloop en hy is oortuig daarvan dat Mariaan tronk toe gaan vir moord. Hy vertel vir sy kosbare omstampkind, Alexa, dat sy te groot is om nog in die huis saam met haar ma te bly.

Alexa vertel hom dis ’n groot huis. Hulle het albei ’n punt beet.

Ek breek my, want ek weet Alexa is diep suinig. Sy dra alewig teater-uniforms of lelike cheap klere.

Sy is ’n mediese doktor sonder ’n bond van ’n dag oud. Sy doen nie hare nie en gaan nie saam met die drinkers clubs toe nie. So, my vraag is: Waar is Alexa se pay? Wat maak sy met haar pay?

Ek voel sy kan van daai versteekte geld gebruik en vir haar ’n paar sterk steppings koop. Daai Verimark steppings met die underwire support en die no-fear elastic wat jou hele hol lig. Daai goed kan ’n donkie soos ’n resiesperd laat lyk.

Dit kan net ons geheim wees, Alexa. Ek seg nie jy’s vet nie, Alexa. Ek seg net jou geld is op soek en jy moet begin redes gee vir jou manier van jouself wees.

Chris Welman lyk vir my ál meer soos Kenny Rogers op daai music video met Dolly Parton. Toe besef ek Mariaan trek na Dolly Parton as Dolly nie conditioner gehad het nie. Nou speel die song van Kenny en Dolly heeltyd in my kop, maar ek sien net vir Chris en Mariaan.

Liefde

Ek breek my, want ek is k*k ligsinnig en hulle lyk regtig na mekaar en die song se naam is “Islands in the Stream”. Mariaan se stroompie loop egter tronk toe.

Gepraat van stroompies en die loop van die lewe. Dis op die oog af bitter duidelik Hilda en Rompelstompel gaan liefde vind in hulle herfsjare. Dis mooi om te sien hoe twee ou mense so oulik verlief is.

Daai toneel waar hulle mekaar in Beleef ontmoet was moerse cute. En mens kon hulle twee uitsonder as die beste akteurs in SABC2 se geskiedenis.

Even ek het geglo, man.

Lesedi gaan vir Mariaan ter elfder ure onder die bus stoot. Ek weet dit vir seker. Nes ek weet Lesedi se huidige pruik het saam met die Ewings in 1978 op die stel van Dallas gewerk.

As julle kleintyd met daai bal gespeel het waar mens ’n driehoek, sirkel en sterretjie deur kon druk en die shape maak pas, sal jy verstaan wat ek bedoel as ek vir julle sê haar gesig pas nie by haar pruike nie. Dit lyk te gerus terwyl haar gesig heeltyd angstig is.

Kan sy nie heeltyd ’n mooi silk scarf om haar kop draai nie. Soos Erykah Badu of Lauryn Hill. Sy doen dit af en toe, maar ek voel die scarf verdien erkenning. Net wanneer sy die scarf dra, kan ek na haar woorde luister.

Die pruike maak my nervous. Ek is bang die goed begin praat Hindi of Chinees terwyl sy probeer ernstig wees in die hof.

Willem stoot sommer die judge wat Ma­riaan se case behartig. Dis mos nie reg nie. Die regstelsel word nou deur seks tussen judges en witnesses bepaal. Alles is verkeerd met dié scenario. Willem kan nou regtig water uit ’n rots tap soos oorle Moses. Sy lewe is iets anders.

Wag my plek is op. Ons skinder weer volgende week.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters