3 maande gelede
Dokter Fikani is toe nie Nozi se happily ever after nie
 ~ 

Monique deel meer komplimente uit as iemand wat geld wil leen en almal val daarvoor, behalwe Aggie.

Aggie het seker verlede week gereeld wakkerpaai geëet, want sy is heeltemal oppit.

Al wat gepla het, was haar pruik se haarlyn. Dit sou enige hairstylist twee minute neem om die saak reg te stel, want ’n aap kan sien die ding sit te hoog.

Aggie het duidelik nie baie goeie vriende nie, want enige een met oë kon haar eenkant roep en reghelp, maar nee. Niemand sê toe enige iets nie.

Fikani is ’n gemors en hierdie mense op die TV probeer ons maak verstaan dat Nozi die een met die probleem is.

Hierdie man het lus gehad vir oulik maak met ’n jong lat en hy’t gekry wat hy wou hê.

Toe gebeur die usual en niggie raak verlief op die idee van happily ever after saam met die dokter met die maroon baadjie.

Watter regdenkende grootmens dra so gereeld maroon? Dis ’n besonderse vreemde kleur vir ’n Dinsdag of Woensdag.

Fikani dink baie duidelik hy is beter as die res van ons. Daai arme Nozi het stapels boeke loop lees oor dinge wat haar glad nie eens interesseer nie en daar los hy haar tog in elk geval soos ’n sak patats.

Dit wys jou net, kennis is dalk mag, maar ’n vinnige stoot is nooit enige iets meer as ’n vinnige stoot nie – en dis nou die reine waarheid.

Justin som toe mos vir Monique heeltemal verkeerd op en dink sy is minder aanlêerig met ander mans. As hy maar moes weet dis hoe sy met almal is, sou hy seker nie haar volronde boud so opgewonde gevryf het nie.

Sy stomp vingers was seker net sowat 2 cm van Monique se kwylende padda af toe sy onthou dit is Women’s Month en sy moet eintlik die rol van die victim vertolk.

Jong, sy’s vreeslik dramaties daar weg soos een wat haar hare by jou kom blow het, maar die Bone Strait by die huis vergeet het. Ons almal weet mos jy kan nie Monique se draad baasraak sonder ’n 33% Extra-bottel van daai goed nie.

Rickus eet nou weer by die huis, al praat hy nie juis met sy ouers nie. Chris en Mariaan is bekommerd oor hul seun wat hulle emo­sioneel so afgeknou het, maar hulle is net bly die tafel is vol mense, want hulle het sonder twyfel geen vriende nie.

Wie op dees aarde is hierdie Tineke-vroumens? En wat vir ’n naam is Tineke in elk geval?

Monique is sleg, maar hierdie vrou is net plein smet. Smet kom in verskeie geure en kleure, maar hierdie slet is slapper as slym. ’n Prostituut het meer morele waardes as hierdie gedoente. Sy sal enige dag ’n prossie se werk verniet doen. Sy’t mak een van daai paddas wat kan toertjies doen.

Laat ons nou nie meer sleg praat van die mense nie. Ons gesels volgende week verder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters