5 maande gelede
Dokter Alexa krap omtrent kop oor Karmen se bosluis
 ~ 

JULLE, ek wil nou nie k*k praat nie, maar Hilda lyk by die dag beter.

Vandat sy daai diamonds opgespoor het, wen sy nog net die heeltyd. Om van Oubaas ontslae te raak, was die beste stap in jou hele lewe, dingetjie.

Jy sou vandag nog met lelike serpies gedans het as jy by daai suinige ou man gebly het. Good riddance!

Daar het bitter baie dinge dié week gebeur, so ons moet hardloop, mense.

Ons spring weg by Karmen wat by die dood loop draai het. Heel week sukkel die beste doktor in Suid Afrika, dr. Alexa Welman, om ’n bosluis op Karmen se kop op te spoor.

Hoe let mens nie ’n bosluis op nie? Jy kam nie jou kind se hare nie. Die Welmans het baie duidelik ’n universiteit ’n vieslike klomp geld betaal om Alexa se punte op te stoot. Karmen lyk darem asof sy dit gaan maak, maar ook net vir nou. Ek sien nog ’n klomp ellende in Big Foot se toekoms.

Wat my egter kwaad maak, is hoekom die bosluis wat in haar hare verdwaal het, nou juis in die gras by Hettie se huis in die plakkerskamp opgetel is. Hoekom kon dit nie ’n posh bosluis wees uit die parkie waar Karmen so gereeld kuier nie?

Hoekom moes armoede nou ’n rol speel in hierdie vuilhaarkind se verhouding met die dood? Dis onregverdig teenoor almal wat in plakkerskampe woon.

André se verlede begin hom nou haastig inhaal. Die man se kaste is vol geraamte-goeters en dit maak my bang. Dit begin lyk asof André se pa se naam ook André was, want hy kry vreeslik flashbacks.

André se pa het sy ma pak gegee, maar nie die lekker soort nie. André se pa was stout en nou probeer André sommer die hele wêreld red. Sterkte, dingetjie.

Mariaan stel Hilda as haar ma aan die Laan se mense voor. Die Laan is geskok en almal se ogies is vol trane.

Amorey was weer voorbarig en het die waarheid uitgeblaker nadat ouma Hilda haar met dié donker geheim vertrou het. Ook maar goed Hilda het soveel diamonds op haar naam, want ek twyfel of die Welmans haar so barmhartig sou inneem as sy steeds arm was en serpies gedra het. Noudat Hilda haar hare blow, is sy goed genoeg.

In ander nuus – Vanessa het selfs langer braids laat insit wat vreeslik in die wind wapper soos ’n soort freedom waarvoor sy vir jare­ baklei het.

Gepraat van baklei, dit lyk elke dag asof Vanessa vir Xander nóg ’n kans sal gee.

Sy het klaar vir Diederik weer ’n kans gegee en vir Marko gesê sy neef kan sy grand werk by Bruynwaves terugkry as hy eendag uit rehab kom. Vandat sy haar kind se kop gewas het, sit haar hart op die regte plek.

Ons skinner volgende week weer verder, maar join gerus die 7de Laan Maak My Skaam Facebook page vir meer deur die week.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters