7 maande gelede
Dit lyk of daai stripper-antie Mariaan se eerste pruik dra
 ~ 

SO, DÍT is waarom Bonita nooit daai werk oorsee gekry het nie!

Kyk, die Chinese is met min tevrede en as jy by enige China-winkel instap, sal jy weet waarvan ek praat. Dis die veelste klomp k*k onder een dak, maar dit kry die job gedoen.

Nou, die Chinese kon sien Blommekind was by ’n boksie voordat sy gekom het vir haar interview.

Hulle kon ook baie duidelik sien daar was chemicals en toestelle betrokke by die glad maak van daai leeuse boskasie op haar kop.

Die Chinese ken van fake en Bonita se hare was nie regtig rooi of regtig so seepglad soos haar weergawe van die waarheid nie. Die Chinese ken k*k as hulle dit sien.

Hulle gebruik toe die arme rooikopvrou om ander meer gepaste kandidate vir die poste op te spoor. Dus wil ek vra dat ons almal vandag dankbaar moet wees vir kroeshare.

Dis deur kroeshare dat Daniel se mamma nie ook vandag in ’n con­tainer toegesluit is nie.

Kroeshare bring ook verlossing en soos ek nog altyd gesê het, hare maak nie van enigeen ’n beter mens nie, maar dit het Bonita wel ’n veiliger mens gemaak.

Daar staan die container toe iewers in die middel van Joburg vol Engelse juffroue. Dis nou vir jou ’n vreemde gedruis. ’n Klomp poppies in ’n container wat gedink het om Engels aan buitelanders te leer, gaan ’n maklike saak wees vir R50 000 ’n maand. Toe loop hulle in hul eie gat vas oor hulle gedink het die lewe is ’n lied.

Die gestry in die Heights se voorportaal oor wie watter kant van die lyn hul dienste mag bemark, werk op my laaste nerve en ek het net twee oor.

Van wanneer af kompeteer klere­winkels en koffiewinkels met mekaar? Wie presies is Lola en wat soek sy regtig by Estie?

Ek het ’n klomp vrae, maar wat ek baie graag wil weet, is hoekom Mariaan haar eerste pruik vir Lola geleen het. Dis stokstyf, foei tog, en daar is nie ’n stormwind wat daai saak kan maak beweeg nie.

Die speurder-oom wat Chris aangestel het om sy dogter se ontvoering te ondersoek, lyk of hy raak geleef is. Hy lyk soos daai oom wie se vrou hom gelos het oor ’n drankprobleem en die kinders bly nou by hul ouma.

Dan, net heeltemal off-topic, vra ek julle met trane in my oë, wat is Jacob se doel in die Laan?

Wat is die beweegrede agter dié oom se aanstelling? Die knellende vrae rondom dié oom se skielike geskiedenislesse hou my snags wakker, want ek wil weet hoekom hy dink ons weet nie die goed wat hy ons herhaaldelik leer nie.

Ek voel soms seergemaak as mense goed oversell – soos Mariaan wat sommer ’n foon gryp en iemand bel om haar te help met die ontvoerde dogterstorie.

In my kop bel sy toe iemand met invloed, met geharde kontakte in die onderwêreld en wat geld gewoond is, want sy begin met iets soos “geld is nie ’n issue nie”.

Toe bel sy heeltyd vir Justin van Worcester. Justin van Worcester, man! My fondasie bewe nou nog. Justin lyk nie of hy eens dagga kan organise nie, man.

Ons skinder weer volgende week lekker saam.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters