4 maande gelede
Dit lyk asof Lesedi ’n winkelpop se pruik gesteel het
7de laan, lesedi, kb
#7deLaan se Lesedi.  ~ 

DONDERDAG probeer Bonnie Vivian weer vermoor. Dis mossie reggie!

Hoeveel keer kan een mens bedood word? Vivian is soos ’n mal kat met 66 lewens en sy bring soveel kleur in Charmaine se lewe. Ek kan nie verstaan hoe enigeen haar kan kwalik neem nie.

Vivian kom vir jou, Bonnie. Jy moes maar jou kans gevat het toe jy kon.

Xander val vir arme Justin aan. Justin se lewe in Worcester was moeilik genoeg. Hy lyk nes Esselen Park se mense. Vriendelike oop gesig, maar moenie jou rug op hulle draai nie.

Jy dink nog jy lag, want hulle maak lekke’ jokes, dan val jou panty af. Dis hoe ek Esselen Park se mense ken.

Doktor Alexa en Fikani dink Vivian is in ’n koma.

Daai twee kon net so goed hulle kwalifikasies op toiletpampier uitdruk. Nes seeskuim is hulle albei absoluut niks werd nie.

Esti tel gewig op soos ’n bodybuilder in ’n apteek wat proteïenpoeiers verkoop. Sy moet by ’n doktor uitkom wat nog nie haar pramme geniet het nie. Sy’s glo baie gewild by daardie soort paarties.

Hilda en Jacob probeer ’n nuwe koerant begin. Die Hill­side Times het geflop vir ’n rede en julle lewe in ’n tyd wat lankal nie meer bestaan nie.

Connie het ’n nuwe, sagter wangmaskertjie en sy deel nou drukkies uit aan geskeide mans.

Nou op haar oudag wil sy by jong mans betrokke raak. Verder dink sy elke dag is Halloween. Dit gaan nie goed met haar nie.

Mariaan knip klere op oor Sarel Seemonster daai k*k kroon gesteel het. Hy’t jou padda se paartiehoedjie ook gesteel, maar daai tyd toe jou effe ouer enkeltjies so dak toe spits, het jy niks complain nie.

Die lewe sal jou kom soek, Mariaan, en jy verdien alles wat jou toekom.

Vrydag skrik Mariaan haar koud vir Fikani, wat by die trap afkom. Foei tog, hy’s so donker hy veroorsaak glad PTSD. ’n Doktor wat siektes veroorsaak pleks van genees kan nogal vrees en wantroue onder pasiënte saai.

Esti trek horisontale strepe aan soos iemand wat dit kan bekostig en Lesedi het ál die leopard print- toppies en -rokkies in Jozi gekoop.

Dis deesdae ál wat die stomme vrou aantrek. Haar pruik lyk ook steeds soos iets wat sy by ’n winkelpop gesteel het. Die pop soek haar stywe hare terug, Lesedi.

Jy saai nou net verwoesting onder die selfbeeld van swart vroue oral. Ruk jouself reg!

Justin ontmoet Vivian in die hospitaal en die bliksem het die nerve om Vivvie te dreig.

Jy ken nie vir Vivian nie, Justin. Vivian sal jou soos ’n engeltjie laat lyk as jy julle lewens vergelyk, maar jy’t g’n navorsing gedoen nie. Jy gaan jou woorde berou, want Vivian maak nie jokes met kabouters nie.

Jy sal nog stilletjies in die nag verdwyn en wonder waar alles skeefgeloop het. Sterkte en ek hoop jy hou styf vas. Ek kan nie wag vir daai episode nie.

Ons skinner weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters