2 maande gelede
Diedie kry die laaste lag tydens die piepklein troue
Hennie Jacobs is Diederik in 7de Laan  ~ www.artistwarehouse.co.za

JA, DAAR is belangriker dinge waaroor ons moet gesels, maar ek wil net vir Olivia uit die pad uit kry sodat ons kan aangaan.

Hoekom het Esti daai vrou die werk gegee? Ek is heeltemal ten gunste van special needs-mense aanstel, maar Kosie kon ’n trekpleister gewees het. ’n Regte aanwins vir Beleefd.

Al wat ek sê, is daar’s meer deserving mense daar buite. Olivia raak skeel as sy nervous word. Met die Haven besigheid wou sy niemand in die gesig kyk nie.

Sy was bang hulle dink sy soek uitkomkans iewers aan haar linkerkant.

Sy gaan die klante nervous maak as sy die spyskaart voorlees, maar sy hou hulle beursies en fone dop.

Dit kan die ervaring van uiteet baie stresvol maak vir klante, sowel as enigeen aan die linkerkant van Beleefd.

Ek voel net almal het vir Kosie weggegooi oor hy nou tevrede moet wees met water verkoop in die winter en ons almal weet hy’s amazing met mense. Hy gebruik mos sulke kort, betekenisvolle sinne.

Ek voel net die posisie pas hom beter. Dan is daar altyd die ander issue, want dalk is ’n vrou aangestel om te keer dat Mariaan weer daai Ben 10 number druk. ’n Mens moet altyd die hele storie in ag neem, sê ek mos.

Matrone se gedig vir André en Connie, oftewel Phantom of the Boutique, was maklik vir my dié week se hoogtepunt. Toe sy eers met die blou tafeldoek begin, het ek amper van my bank af geval van die lag. Sy kon mos net vir hulle gelukwens en Psalm 21 voorlees. Maar nee, sy wou afshow. Toe maak sy gediggies op oor blou tafeldoeke!

Die piepklein trouetjie in Mariaan se sitkamer was toe een moerse teleurstelling. Ek is net verlig hulle het nie eintlik mense genooi nie.

Daar sit Diedie toe heel voor om te kyk hoe Ammie op presies dieselfde plek waar hy laas met haar sou trou, weer ’n ander man se vrou word. Diedie kry toe sommer die laaste lag, want Ammie verdwyn soos mis voor die son in ’n lelike nighty en ’n k*k bob.

Xander en Nathan baklei soos kat en hond oor ernstige dinge, maar my aandag was op niks behalwe daai chrome tie om Xander se nek gefokus nie.

Hoe dra ’n mens ’n glossy swart patent-leather belt saam met ’n silwerkleurige horlosie, chrome tie en ’n groot powder blue hemp op een dag?

As ek Nathan was, sou ek hom klap net vir dit.

Nathan lyk asof hy oorspronklik van Garries se wêreld is as hy nervous raak, maar ek hoop hulle kan sy onskuld verdedig. Ek weet ek was laas week gekant teen Nathan, maar ek likes die underdog support in enige fight en Nathan het nou absoluut g’n tjommies nie.

Dis mos nie reg dat iemand wat so regop loop, nie tjommies het nie. Anyway, ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters