23 dae gelede
Diedie-hulle moet hulle Lotto-kaartjie reg spoeg en plak
Theodore Jantjies is Xander in 7de Laan  ~ 

IMAGINE jy verkoop heeldag no-name tekkies, tights, kortbroeke en lelike toppies.

Dan besluit jy eendag jy wil ekstra geld maak oor die miljoene wat jy reeds het, te min is.

En wat is jou beste idee? Doen presies dieselfde k*k ná ure uit ’n verlate flat in ’n blok woonstelle wat jy besit omdat jy te veel geld het. Dis wat ek noem besonders onnodig.

Xander vaar Joburg binne met ’n pienk knippie wat skrik vir niks.

Karmen het tyd vir knippies in ander se hare druk, maar haar eie uiters ongewillige bollatjie moet maar aan geloof en genade vasklou. Die Bybel sê vee eers voor jou eie deur, maar hier staan Karmen sonder ’n besem.

Fikani is die moer in oor Willem se wegsteek-stalletjie en vlieg sommer vir Rickus in. Fikani beskuldig vir Rickus en hy het ’n goeie punt, want hoe werk en woon Willem en Rickus saam, maar Rickus weet niks?

Ek sal jou sê, Fikani, dis oor jy stupid is. Uit die miljoene mense in Johannesburg het hy die enigste twee loop staan en aanstel wat die werk die minste nodig het.

Besef hy hulle werk vir hom oor hulle verveeld is? Hy was stupid om hulle aan te stel en nou is hy en sy honger girlfriend die meeste geskok.

Die club se eienaar bel vir Ma­riaan, want hy wil ’n “dankie-sê-konsert” hou om die gemeenskap te bedank vir hulle ondersteuning.

Wat is dit? Waar doen jy dit? Wie nooi jy? En om watter rede vra hy vir Mariaan om betrokke te raak? Mariaan wil eers hoor wat Chris sê. Chris kan haar nie naby hom verdra nie. Hy het letterlik die vasteland verlaat en in België by sy backup-familie gaan bly. Maar sy wil hoor wat hy dink.

Ek het geweet die liefde is blind, maar nie geweet dis so dikvellig nie.

Jy los my sonder enige woorde, Mariaan.

Sy vertel die gemors aan Vince, wat dink dis ’n great idea, want dan kan hy weer 2 kaas-en-polony platters maak vir 80 mense. Vince se opinie is useless. As ek sy was, het ek myself heeldag verbeel Vince is ’n eye-level-oond. Ek sou nie een woord met hom deel nie.

Christopher lyk asof hy dagga rook en praat beter Afrikaans as Karmen, maar hy’t in Amerika grootgeword.

Hy’s ’n donnerse wonderwerk. Hy los my ook sonder woorde.

Connie met die klein masker en groot ballon glo vir mal Elaine en gee haar glad ’n drukkie. Ek sou nooit ’n mal mens so naby my nek-ballon toelaat nie.

Marko het vir Esti vergewe en Olivia en Diederik se lotto-kaartjie is moer toe oor hulle nalatig is.

Wie los ’n wen-lotto-kaartjie op die koffietafel langs ’n fan? Hou op moan en loop haal die Pritt, Olivia. Ek is seker jy was in gr. 1 of 2 voordat jy oorgeplaas is. Ek is seker jy’t gesien hoe werk Pritt.

Ons skinder weer volgende week lekker verder!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters