14 dae gelede
Diedie gee sy waardes prys vir ’n slymkonyn met vuilsiek
Foto: www.artistwarehouse.co.za  ~ 

DIÉ week maak Olivia en Diedie hulle verhouding amptelik deur seks buite die huwelik aan ons te probeer verkoop as ’n liefdesverhaal.

Moenie dit miskyk vir wat dit is nie. ’n Buite-egtelike hoereerdery kan jy drape en decorate nes jy wil. Jy kan dit vol air freshener en perfume spuit en dit aan kerkmense soos ek probeer afsmeer as romanties, maar ons almal weet wat die Bybel sê.

Olivia is ’n jintoe en Diederik het sy Noord-Kaapse waardes prysgegee vir ’n slymkonyn met vuilsiek. Olivia se pramme was behoorlik op display nes ’n Jersey-koei wat net long-life volroom melk produseer.

Om so kort voor Kersfees nie die ordentlikheid te hê om ’n bra te dra nie, is ’n gruwelike soort verkeerd.

Gepraat van die Tien Gebooie; Vanessa gooi haarself na dr. Nathan. Nie fisiek nie, maar sy kyk hom op en af met wilde seks in haar oë. Die arme kopdokter se menseregte is geskend.

Haar slymkonyn is reg vir aksie en sy is, soos ek verstaan, nog met Xander getroud. Tog kan ’n mens haar nie kwalik neem nie, want Xander lyk soos ’n bergie met ’n cheap suit.

Imagine daai growwe lappieskombers op sy gesig raak aan jou sensitiewe vel. Dit lyk asof dit enige soort lotion van jou vel kan wegskuur met die geringste kontak.

Gewaarsku

Lesedi het die mooiste vel in Johannesburg en ek verbeel my sy ruik soos Dawn Cocoa Butter, maar Xander gaan hierdie wonderlike vrou opmors.

Hy’t jou gewaarsku, Lesedi. Hy het clues gelos in die vorm van los kinders, ’n smetterige huwelik op die rotse, seks met Bonita en daai keer toe sy hare relax was.

Jy kan nie later seg jy’t nie geweet jy gooi jou lewe weg nie. Jy’t oop ogies dié tragedie betree.

Jy het ’n tweede kans gekry en steeds behep jy jou met dié probleem op bene met ’n lelike baard.

Jou pa ly aan depressie oor wit mense hom weer in aanhouding geplaas het, maar jy show af in die strate met ander vroue se mans.

Mariaan het Hilda se rug genees met ’n drukkie. Hoe genees ’n jintoe met stilstaande hare ’n rug wat basies gebreek was? ’n Mens sou sweer sletterigheid is ’n super power.

Karmen stry met haar ouma en dring daarop aan dat sy eerder met Jacob wil paartie. Watter soort kind is dit dié? Karmen is die toonbeeld van te veel vryheid op ’n jong ouderdom. Julle moet onthou Karmen het op ’n kol gedink sy is ’n wit plakkerskampbewoner. Die stomme kind het ’n tough start gehad en ek’s net dankbaar sy het nie haar lewe aan gom vergooi nie, maar dit beteken nie jy kan jou ouma sommer so k*k vertel voor haar klante nie.

Daai kind kort twee moerse klappe en ’n nuwe boksie Beautiful Beginnings.

Dis Krismis, laat sy ’n bietjie afshow. Haar boetie is ook haar nefie en haar pa lyk soos Dawie die Kabouter. Hy gaan jou skoolgeld gebruik vir lobola, dan huil jy oor 12 jaar met jou hande in jou klein pompoms. Loop staan voor die kinderhof en maak jou stem dik.

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters