9 dae gelede
Diederik word lelik deur die toordokter ingeloop
Hennie Jacobs
Die karakters Diederik (Hennie) en Olivia (Nadia Herbst) kort ná Diederik die diagnose gekry het.  ~ foto verskaf

HY’T dit try wegsteek, maar ek kon sien Jacob se hart lê aan skerwe.

Daai oom met die knopkierie wou bitter graag Charmaine se malvapoeding proe, maar sy was op high alert en reg vir hom.

Hy soek toe poeding, maar sy skep net breyani. Dit sal my nie verbaas as hy agter ál die drama met die spookhuis sit nie. Sodat hy kon in galop soos ’n Zoeloe op ’n wit buffel.

Valentine’s Day is nou ’n ramp in die oom se gemoed, maar wie weet, dalk change Charmaine haar mind.

Dis vandat Charmaine Afrika ingevaar het met daai wit oom op die motorfiets dat sy haar nou so posh hou en nie met Jacob wil poeding deel nie.

Ek voel sy’s verwaand. Jacob was nog net goed vir haar.

Charmaine laat haar beïndruk deur motorbikes. Haar padda kwaak net vir leerbaadjies en road trips. Jacob sal maar weer volgende week moet probeer.

Bloemfontein ween oor Alexa en Fikani se spuls dansie in die hospitaalkamer. Dis ’n plek vir siek mense om gesond te word, maar Alexa sluit die deur. Sy sluit die deur, want as dit die regte lewe was, het Fikani meer as net haar nek gesoen.

Dis nie reg dat mediese professionals wegkom met dié tipe slymerige slettery op die belastingbetaler se onkoste nie. Hulle word betaal om die siekes te help opstaan. Die HSPCA het beter van hulle verwag.

Toe André so ernstig sê daar is ’n slang in die gras, toe dink ek net aan ’n Ben10-slangetjie weerloos en alleen in Mariaan se dik gras en net daar besef ek weereens hoe kosbaar die lewe is.

Julle moet tog dink voordat julle pomp, mense. Kyk, nou is daardie kind wie se slangetjie net twee keer nat was, so dood soos ’n mossie.

Daar behoort ’n kondoom na die klong vernoem te word. Ben10 Plus of so iets, vir die moedswillige jong man en ’n ouer tannie. Iets in daai lyn.

Diederik is besig met toordokters en die oom steel sy geld, sowel as sy dwelms en menswaardigheid.

Ek is nog nie seker presies hoeveel die jong hom charge nie, maar ek weet dit is te veel en dis lelik dat wit mense mekaar so inloop.

Aggie en Vanessa hou Valentynskaartjie-kompetisies sonder regte pryse en Olivia wil Diederik terughê vir ’n dak oor haar bitter eenvoudige kop. Dit is aaklig maar waar.

En dis nie mooi nie, maar mense leef lankal nie meer reg nie.

Ek is bly Diedie vat haar nie terug nie. Sy verdien nie vergifnis nie.

Sy kan gaan doppies blaas en maar weer kwaad raak sodat haar een oog so skerp links trek, maar jy vat haar nie weer terug nie, Diedie.

Pak Australië toe en los nou ál hierdie ellende agter jou. Jy verdien beter, veral nadat jy gaan uitvind daai oom steel jou geld.

Ons skinder weer volgende week! Druk tog om hemelsnaam die share-knoppie. Ek vra baie mooi. Hou op so verkeerd leef.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters