Verlede maand
Die mense van Joburg kry mos alleen rolstoel miracles
7delaan,soapies,teasers
 ~ 

MARIAAN is terug in die tronk waar sy hoort en die regstelsel is darem nie heeltemal useless nie.

Kyk, Ben was mal en hy het die horrible vroumens probeer gryp en hy het geval. Sy het dit mos nou nie bedoel nie. Sy wou net ’n bietjie ougat maak saam met haar Ben10 en het nooit geweet dit sou só vreeslik skeefloop nie.

Hierdie dinge gebeur maar. Glo my, ek het self ’n stalker. Dis als baie exciting en snaaks totdat hulle jou eendag op WhatsApp ’n foto van jou blyplek stuur.

Willem maak tydens besoektyd sy hart leeg by Mariaan en sê vir haar sy lyk terrible.

Willem doen die ding mal en hy’s ready om vir almal k*k te vertel.

Hy kry ’n paar skote in by Chris ook, wat skynheilig soos FW de Klerk weer try gevreet koop by Willem met snertpraatjies oor familie en liefde en saamstaan.

Gelukkig is Willem ready vir Chris se Father Christmas-k*k en spoel die ou man daar op die spot af.

Toe, asof al hierdie haatspraak nie vir Chris genoeg is nie, sien Jacob ook die geleentheid en wurm hom ná Willem die toneel binne en gee vir Chris ’n Judas-drukkie.

Hy sê toe vir Chris Mariaan is in die tronk waar sy hoort en hy hoop dat Chris ook eendag sy beurt agter tralies kry, want dan en net dan sal hy werklik gelukkig wees.

Afshow

Dit lyk asof Kevin aan die jol is oor Lesedi nie meer wil afgee nie. Dis wat gebeur as jy jou slymkonyn uitleen.

Jol moenie so skelm wees nie. Jy moet trots wees op jou jolmaatjie en hom afshow voor die mense.

Rickus, soms bekend as Een Eier, Twee Wiele laat val ’n boks op sy linkertoon. Hoe, weet ek nie, want waar kry jy ’n boks? En wat maak jy met een op jou skoot aangesien jy nie kan staan nie?

Dis eintlik goeie nuus, want hy voel die boks val op sy linkertoon en daar is nou ’n dowwe sensasie in dié linkertoon.

Dit beteken seker hy sal een van die dae uithol op Wimbledon se tennisbaan.

Soos ek al gesê het: Rolstoele hou nie lank in 7de Laan nie. Ons weet nie hoekom rolstoel miracles altyd net in Joburg plaasvind nie. Maar ons weet seks help, want dis hoe oorle Herman vir Felicity gemaak loop het. Mos reeds met ’n bietjie stoot.

Die dowwe gevoel in sy toon is die verlies van bloedsomloop. Dis oor jou broek te styf is Rickus. Verlamde mense dra nooit sulke stywe klere nie. Ek het nog nooit die naat van ’n kakiekleurige chino sien skree soos Rickus s’n nie.

Om af te sluit: Hilda dra nou haar erfgoed. Ek moet seker my jersey dra wat ek by my oupa geërf het.

Dis so ’n mooi angora-bokhaar-ding wat my so fluffy maak lyk.

Maar Hilda dra nou haar ma se borsspeld en vang vir Hugo met die ding nadat Matrone dit gesteel en op hom geplant het.

Sy vra prontuit wat hy met dit doen, maar hy sê hy weet nie en sy loop weg. Wie in hulle regte verstand vra so iets en loop dan weg asof hulle beledig is? Die skrywers is seker weer op cheap drugs!

Anyway, Hugo bring die speld terug en hy en Hilda vind weer liefde.

Die lewe is darem mooi.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters