8 maande gelede
Die krokodille baklei oor Ben weens ’n grys ou gat
Nicholas Nkuna (Fikani) en Carina Nel (Alexa) Foto: 7de Laan  ~ 

DIS hoog tyd dat Hilda vir ons die volle waarheid rondom haar slap tsotsi-slet van ’n dogter se geboorte vertel.

Iewers het daar groot fout ingesluip. Die regte kind is weggesmyt en die nageboorte is grootgemaak.

Watter ander verduideliking kan daar wees? Geen gewone mens kan so sleg wees nie!

Vir iemand wat so bang is vir die mang, sukkel dié vrou met die stokstywe hairdo kliphard om weer ’n draai by Vivian en daai Natalie goose te gaan maak.

Eers het sy vir Ben gemolesteer en Esti die skuld gegee. Daarna het sy weer toegelaat dat Ben haar padda laat brul, en toe dreig sy die arme eks-straatkind.

Toe speel sy ma vir hom nadat sy van hom try ontslae raak het.

Maar dit eindig toe nie daar nie. Sy doen toe weer die pedofiliese salsa met Ben. As Ben gehoop het vir ’n happy ending, dink ek nie hy is tevrede met dié een nie.

Sy ouma-lover het hom gefinish, maar sy was nog nie finish nie. Sy’t hom vir die krokodille gevoer.

Sy hou haar sterkgevriet genoeg om ’n mens dood te maak, maar het nie die guts om pa te staan daarvoor nie. Nou pak sy alle skuld op ou Willempie.

Wie doen sulke goed? Die arme man het genoeg probleme wat deur sy eie hormone veroorsaak is.

Hy kan nie nog die gevolge van ’n jagse ou tannie se hormone dra nie. Daai is nie reg nie.

Ek het nie eens geweet grênd mense in mansions weet dat oogdruppels vir meer as net rooi ogies gebruik word nie.

In real life f*k ’n oogdruppel-cocktail mense vir ure op; hulle weet nie of hulle kom of gaan nie.

Nie vir Willempie nie. Die cocktail het hom glad nugter gemaak!

Arme ou Ben het mos ook nie ’n ma gehad wat hom kon leer om sy ding uit gatte te hou, dan sal sy gat uit dinge bly nie. Nou het ’n ou grys gat gemaak dat die krokodille oor hom baklei.

Liv se skeel kykers het uiteindelik reg getrek, want sy’s mos verlig ou Dieds vryf nie dr. Welman se padda nie. Hy’t net kanker. Kan jy dít nou oorvertel!

Olivia dink dis beter dat haar man liewer kanker het as dat hy vir Alexa met haar butch Pep Store wardrobe oulik maak. Dalk is sy en Mariaan by dieselfde fabriek vervaardig... Hulle makeer albei ’n sensitive chip en ’n paar taai klappe.

Wanneer wil Vanessa onthou sy’s eintlik ’n coloured meid en ophou met dié voorgee goeters. Ek ken g’n ander coloured vrou wat haar eks-man se baby mama se boyfriend sal help om vir die baby mama ’n birthday-paartie te gooi nie.

Dis tyd dat sy daai duur pilletjies los en reality face. Haar enigste twee vriendinne het albei met haar man geslaap. Dit is mos nie normaal nie!

Ek weier om Xander jammer te kry. Wie kan ’n ou ernstig opneem wat lyk asof hy deur ’n poepstorm gehol het. Sy eks en haar pelle moet ophou vir hom lieg. Daai swart stuff om sy mond is nie oulik nie – dis creepy en slordig.

¦ Dankie aan Sonia Carew.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters